JOU DAG

Die nuwemaan is ’n tyd van hernude energie en magiese begin.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is op die diereriem se Dag van Kosmiese Komedie gebore. Jy beskik dus oor ’n fantastiese sin vir humor. Jy moet oor die komende 12 maande probeer om geldelik verantwoordeliker te wees.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Die nuwemaan is in die voortvarende Ram, dus is dit die beste dag van die jaar vir nuwe voornemens, om vindingryke idees te opper, en drome deur middel van produktiewe projekte te omskep in positiewe optrede. Geen verskonings nie, Ramme!

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Het jy rondgestorm soos ’n besige Bul op steroïede? Die nuwemaan stimuleer jou stilte-en-vrede-sone. Jy moet dus plek maak in jou oorvol skedule vir rus en ontspanning.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Die nuwemaan spoor jou aan om by ’n jonger portuurgroep aan te sluit. Dit is dus die perfekte tyd om by ’n klub of plaaslike organisasie aan te sluit, jou professionele kontakte te koester of jou ingebore netwerkvaardighede op te knap.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Die nuwemaan skud jou loopbaan/reputasiesone deurmekaar. Maak jou dus reg vir ’n paar verrassings. Werk sal onvoorspelbaar wees, of sê jou kollegas dalk onverwagte dinge oor jou?

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Het die lewe in Leeuland alte voorspelbaar geraak? Die nuwemaan aktiveer jou avontuursone. Dit is dus tyd om, deur middel van reis of buitelandse kontakte, ’n internasionale geurtjie by die mengsel te voeg.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Verbonde Maagde – die nuwemaan stimuleer jul sensualiteitsektor, dus is dit tyd om persoonlik naby jou maat te kom. Alleenlopers – soek ’n slim, kreatiewe en meelewende geliefde.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Doen jy al die geewerk terwyl jou geliefde net neem? Balans is die sleutel. Alleenlopers – soek ’n stimulerende maat wat jou na avontuurlike nuwe rigtings laat reik.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Die nuwemaan vuur jou gesondheidsone aan, dus is dit tyd om jou daaglikse dieet te verbeter. Jy moet ook prettige maniere soek om jou fiksheidsvlakke ’n hupstoot te gee. Vermy egter die versoeking van slegs woorde sonder dade.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Boogskutters is in die luim vir pret, vermaak, stokperdjies en kreatiwiteit. Beplanning vooraf is egter nodig sodat jy nie impulsiewe skuiwe en irriterende foute maak nie.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Te veel werk en te min pret maak Bokke iesegrimmig en moeilik om mee saam te leef. Die nuwemaan moedig jou aan om jou tuisbly-teenoor-werk-ratio aan te pas sodat dit meer gebalanseerd is. En aansienlik meer gesinsvriendelik. 

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Die nuwemaan stimuleer jou aanlynsone, dus is dit ’n fantastiese tyd om ’n sosialemedia-profiel te open, met ’n blog te begin of jou webwerf by te werk. Mercurius, die kommunikasieplaneet, beweeg nou reguit, so maak aanstaltes!

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Geld het die neiging om soos water deur Visse se vingers weg te loop. Maar die nuwemaan is in jou geldsone: Dis die beste tyd van die jaar om jou aan ’n verantwoordelike nuwe geldplan toe te wy. En dan vol te hou daarmee.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.