JOU DAG

Die nuwemaan dui aan dit is tyd om die lei skoon te vee en van nuuts af te begin.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy hou daarvan om gereeld op avonture te ontsnap.  September en Januarie is die beste maande om verlief te raak, die jawoord te vra, te trou of jou huweliksbeloftes te hernu.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Jy hou daarvan om te lei, maar moenie ’n baasspelerige Ram wees nie. Die nuwemaan moedig jou aan om nuwe maniere te vind om met ander mense te verbind en saam te werk; in jou plaaslike gemeenskap en aanlyn.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Die nuwemaan verlig jou geldsake. Maak ’n bestekopname van jou geldsituasie en vind innoverende maniere om jou kontantvloei te verhoog. Moenie besitlik wees oor geld en gedeelde hulpbronne nie.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Die nuwemaan is in die Tweeling. Dit is die beste tyd om jou voorkoms te verfris, jou klerekas te moderniseer, jou persoonlike oortuigings te hersien, ’n webwerf te begin of ’n wankelende verhouding te herlaai.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Die nuwemaan beweeg deur jou bepeinsingsone. Jy is in die luim om jou in jou knus grot terug te trek. Moet jou  nie aan die positiewe invloed van ’n intieme vriend onttrek nie.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Leeus hou daarvan om oor groot doelwitte en skouspelagtige planne te praat. Dis nou die tyd om die daad by die word te voeg terwyl jy daardie planne in produktiewe dade omskep. Moenie net daaroor droom nie; doen dit.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Maagde is slim en bekwaam, maar het jy genoeg selfvertroue vir die hoogste sport in sukses? Die nuwemaan vuur jou loopbaansone aan. Jy sal nie vorder as jy tyd mors met bekommernisse oor onbeduidende besonderhede nie.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Die nuwemaan aktiveer jou reissone. ’n Moontlikheid bestaan vir ’n hemelse vakansie iewers in die komende jaar. Beproef ’n ander benadering wat ’n professionele aangeleentheid of kollega betref.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Begeerte en plundery tree op die voorgrond terwyl jy deur kwessies werk wat met intimiteit of gesamentlike finansies te doen het. Moenie ’n geliefde probeer beheer nie. Doen jou bes om hul vryheid en onafhanklikheid te respekteer.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Verbonde Boogskutters, die nuwemaan stimuleer jou verhoudingsone. Dis tyd om rooiwarm woema by ’n afgesaagde vennootskap te voeg. Alleenlopers, daar’s ’n skakel tussen liefde en vreemde lande of kulture.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Moet jou nie so blind staar teen die toekoms dat jy die teenswoordige uit die oog verloor nie. Alleenlopers, die sterre dui op die moontlikheid vir ’n langtermynvriendskap met iemand wat goed opgevoed en ontwikkeld is.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Dis ’n goeie dag om brûe te bou met ’n kind of tiener, ’n nuwe vriendskap aan die gang te sit of met ’n stokperdjie te begin wat nog altyd jou belangstelling geprikkel het. ’n Mens kan altyd iets opwindends en nuuts leer.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Die nuwemaan beklemtoon jou tuistesone terwyl jy familie of intieme vriende tuis met ’n ete onthaal. Aanvegbare gesprekvoering is ’n stimulerende bonus.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.