JOU DAG

Vandag se sterre is gunstig vir romantiese opwinding en verskeidenheid.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is baie moedig en georganiseerd. 2018 is die jaar om minder hardkoppig en heelwat meer buigsaam te wees.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Romanse is in die lug, maar die energie is agter die skerms. Dit dui op ’n privaat, magiese Valentynsdag. Enkellopendes, ongelooflike tekens en ’n onverwagte sameloop van omstandighede kan jou na jou sielsgenoot lei.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Venus besoek jou aspirasiesone, dus moet jy ’n droom soek wat julle kan deel. Die skrywer Antoine de Saint Exupéry het geskryf: “Liefde bestaan nie daaruit om in mekaar se oë te staar nie, maar om saam in dieselfde rigting vorentoe te kyk.”

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Voel jy dapper? Jou aanhaling vir Valentynsdag kom van die filosoof Lao Tzu: “Jy kry krag as iemand jou diep liefhet en kry moed as jy iemand diep liefhet.”

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Op die oomblik is jou liefdeslewe ’n ernstige saak. Jou aanhaling vir Valentynsdag kom van die skrywer William Barcley: “Liefde behels altyd verantwoordelikheid, en liefde behels altyd opoffering.”

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Valentynsdag is ’n gepaste tyd om te dink oor die feit dat liefde regtig die wêreld aan die draai hou. Enkellopendes, die vonke gaan spat met iemand wat slim en sexy is.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Fokus jou aandag op jou geliefde en gee hulle ’n koninklike romantiese behandeling dié Valentynsdag. Enkellopendes, jy kan jou sielsgenoot deur ’n geliefde of kollega ontmoet.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Jy gaan ’n wonderlike dag ervaar, solank jy nie verwag dat alles 100% verloop nie. Jou Valentynsdag-aanhaling kom van Taylor Swift: “Die volmaaktheid van liefde is dat dit nie volmaak is nie.”

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Wat ervaring en die instandhouding van liefde betref, moet jy die versoeking weerstaan om heerssugtig te wees. Soos die aktrise Loretta Young gesê het: “Liefde is nie iets wat jy raakloop nie. Liefde is iets wat jou raakloop.”

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Dit is tyd om intieme verhoudings ’n hoofprioriteit in jou lewe te maak. Jou mantra vir Valentynsdag kom van die skrywer George Sand: “Daar is net een soort geluk in die lewe; om lief te hê en vir iemand om jou lief te hê.”

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Moenie jou maat, of potensiële maat, as vanselfsprekend aanvaar nie. “Liefde lê nie net daar soos ’n klip nie. Dit moet soos brood behandel word, heeltyd oorgemaak word, nuut gemaak word,” het Ursula Le Guin geskryf.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb. 

Gelukkige Valentynsdag. Jy voel romanties en gooi jou maat met aandag en geld toe, dra jou hart op jou mou en deel ’n geheime fantasie met jou geliefde.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Met die liefdesplaneet, Venus, wat deur jou teken beweeg, is dit die volmaakte dag om jou wimpers te fladder of jou armspiere te bult. Vra wat jy wil hê. Sit dan agteroor en oes die romantiese vrugte.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.