JOU DAG 

Uranus skuif vir die eerste keer sedert 1942 in die Bul se teken in.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy kan oor die komende 12 maande radikale veranderinge in jou lewe verwag, aangesien die onvoorspelbare Uranus jou knusse gemaksone deurmekaarkrap.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Die onvoorspelbare Uranus beweeg deur jou geldsone, dus kan jy in die komende paar jaar op- en afdraandes verwag wat jou geldsake betref. Slim Ramme sal geld opsysit om hulle te help as tye moeilik raak.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Uranus skuif in die Bul, so verwag ’n klompie verrassings en skokke oor die komende agt jaar. En moenie ’n hardkoppige en balhorige Bul wees nie. Hoe meer jy verandering aanvaar, hoe minder onseker sal jy voel.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Uranus beweeg deur jul sielsone, dus sal heelwat weetgierige Tweelinge die een of ander tyd in die komende paar jaar afdwaal in ’n radikale nuwe spirituele rigting. Julle kan ook ’n klompie wonderlik wilde drome verwag!

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Uranus krap jou “vriende-en-groepe”-sone deurmekaar, dus sal daar oor die komende klompie jare dramatiese veranderinge in jou portuurgroep plaasvind. Jy mag dalk ook aktief betrokke raak by ’n humanitêre organisasie.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Berei jou voor vir groot ompaaie op jou beroepsgebied oor die komende paar jaar. Jy sal vind dat hoe meer eksperimenteel en vooruitstrewend jy is, hoe meer stimulerend en opwindend daardie loopbaanaanpassings sal wees!

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Dit is aan Uranus te danke dat daar op gebiede wat op reis en/of opvoeding betrekking het, oor die komende klompie jare onverwagte ompaaie sal verskyn. Veelsydige en aanpasbare Maagde sal goed vaar met hierdie veranderinge.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Jy kan oor die komende klompie jare veranderinge ten opsigte van seksualiteit, intimiteit, gesamentlike geldsake en/of gedeelde hulpbronne verwag – en dis aan Uranus te danke. Hoe meer buigbaar jy is, hoe gelukkiger sal jy wees.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Vennootskappe – of dit nou van die romantiese, platoniese of sakesoort is – gaan oor die komende klompie jare herskep word. Daar lê vir jou ’n klipperige pad voor ten opsigte van verhoudings as jy nie verandering aanvaar nie.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Die onvoorspelbare Uranus beweeg in die komende klompie jare deur jou roetine-sone, dus sal jou lewe geskud en omgekrap word. Hoe meer avontuurlustig jy is, hoe opwindender sal die veranderinge wees!

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Jy kan oor die komende klompie jare ’n paar skokke of verrassings verwag ten opsigte van ’n kind, tiener of vriend. Hoe minder vatbaar jy vir verandering is, hoe meer dramaties sal die veranderings wees.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Uranus jaag die toere van jou huishoudelike sone op, dus kan jy oor die komende paar jaar veranderinge, byvoegings verrassings en skeidings verwag in die familie. Jy sal beslis sommige familielede in ’n verrassende nuwe lig begin sien!

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Jy kan die onverwagte verwag op terreine soos studie, opvoeding, jou bure en/of jou plaaslike gemeenskap. Jou beste planne sal op niks uitloop nie, aangesien jy ’n golf van ontstellende dog stimulerende verandering ry.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.