JOU DAG

Maak vandag seker jy kan tussen harde feite en suiwer fiksie onderskei

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het diep emosies en ’n intense innerlike lewe. 2018 is die jaar wanneer jy sosiaal meer aktief moet raak in jou plaaslike gemeenskap.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Jy’s vol opwindende planne, maar moenie jou aandag laat aflei nie. Hoe meer gemotiveerd en proaktief jy is, hoe beter sal die dag wees. Volg ’n ferm en gestadigde koers na die toekoms van jou keuse.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Romanse en intieme vriendskappe word bevoordeel terwyl jy kreatiewe maniere vind om inligting met ander mense te deel. Maak jou verwagtinge, drome en versugtinge vir die toekoms so mooi as moontlik.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Duidelike kommunikasie en geduldige volhouding sal vandag jou verhoudings verryk. Enkellopendes – liefde en werk is gekoppel, aangesien jy ’n kollega, kliënt of klant in ’n romantiese nuwe lig beskou.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Sorg dat jy nie uitgeskuif – of oorreed – word om iemand anders se droom na te volg nie. Jy moet die moed, oortuiging en vasberadenheid hê om jou eie, unieke paadjie uit te kap en jou eie kreatiewe drome te volg.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Wat gesamentlike geldsake betref, verskil jou idees van dié van jou maat, gesin of bankbestuurder. Jy moet dus nie groot besluite neem voordat almal nie van dieselfde bladmusiek af sing nie.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Romanse word beklemtoon, aangesien Venus en Neptunus jou vennootskapsone stimuleer. Enkellopendes – kan julle onderskei tussen ’n sielsmaatverbinding en ’n rampspoedige afspraak? Laat jou intuïsie jou lei.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Jou verbeelding neem vandag vrye teuels terwyl jy groot drome vir die toekoms droom. Onthou net, daar’s ’n fyn lyntjie tussen kreatiewe inspirasie en wensdenkery. Romanse word ook beklemtoon.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Jy sal vandag die vrugte pluk as jy tyd neem om duidelik met familie en vriende te kommunikeer, Maagd. Entoesiasme is ook hoog terwyl jy ’n kreatiewe projek of gesamentlike waagstuk aanvoor.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Professionele projekte word bevoordeel, terwyl jy op datum kom met uitgestelde werk. Moet egter nie alles glo wat ’n gesinslid jou vertel nie. Gaan die feite deeglik na voordat jy ’n opinie waag.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Steenbokke is in die luim om te kommunikeer, te onderrig, te leer, les te gee, lees, skryf of navorsing te doen. Jy moet egter tyd neem om te verseker dat die boodskap wat jy oordra, dieselfde een is wat ander mense ontvang.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Die klem lê vandag stewig op geldsake. Moenie jou kop in die sand verberg nie, Waterdraer. Hoe meer kreatief en proaktief jy jou neseier koester, hoe meer sal dit geleidelik groei.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Kreatiewe inspirasie word vandag hoog aangeskryf. Jy moet egter nie so meegevoer raak dat jy jouself mislei en op die ryk van suiwer Visse-fantasie afstuur nie. Hou jou kop tussen die sterre – en jou voete op die aarde.

Kopiereg: Joanne Madeline Moore.