Twee perfek gekamoefleerde uile is gekiek toe hulle ’n uiltjie in ’n hol boomtak geknip het. 

Die fotograaf, Hardik Pala (32) van Jamnagar, Indië, het verlede Desember die uile gewaar waar hulle tussen die bome in die Pench- Nasionale Park in Madhya Pradesh, Indië, versteek was. 

Hardik, wat vir ’n argiteksfirma werk, sê: “Ek neem natuurlewe as stokperdjie af en het tydens die Kersvakansie die nasionale park besoek toe ek twee Indiese skopsuile in hul nes sien slaap.

“My gunstelingfoto in die reeks is dié wat die uile se habitat wys en hoe hulle kan kamoefleer. Die meeste mense sou nie met die eerste oogopslag eens kon sien dat daar twee uile was nie.

“Skopsuile is ’n nagvoëlspesie en is slegs saans aktief. Hulle het die heeltyd geslaap terwyl ek die foto’s geneem het.”