Die Zim-politiek kook oor, Suid-Afrika het ’n nuwe Idol en ons regering kan maar nie ophou om geld te verkwis nie. As dié stellings vir jou bekend klink, sal jy goed in vandeesweek se nuusvasvra vaar. So nie, is daar ’n wenk in die foto hierbo versteek . . .

Rol tot onder die vasvra om verlede week se uitslag te sien.


VERLEDE WEEK . . .

Die vrae wat die beste beantwoord is: Altesaam 88 persent van deelnemers het geweet die Bokke het 38-3 teen Ierland verloor, en 84 persent het geweet Behati Prinsloo se man, Adam Levine, is die voorsanger van Maroon 5.

Die vraag wat die swakste beantwoord is: Net 32 persent het geweet Uber beplan om teen 2020 vlieënde motors te hê. Geen wonder nie, dit klink omtrent soos iets wat eers in 2120 moontlik sal wees! Die vlieënde taxi’s sal aanvanklik net in Dallas, Doebai en Los Angeles beskikbaar wees. 

Die gemiddelde punt vir die vasvra: 59 persent, of 8,2 uit 14.