VRAAG 1:

Die Pad na Jou Hart-akteur Ivan Botha kry in Februarie volgende jaar sy eie vasvraprogram.

Wat is dié program se naam?


VRAAG 2

Wat is Pierre van Pletzen, wat jare lank die gewilde Oubaas in 7de Laan gespeel het, se nuwe karakter se naam in Getroud met Rugby?

VRAAG 3

Die Pasella-aanbieder Paul Rothmann het vroeër vanjaar vir die eerste keer pa geword van ’n skattige seuntjie, Wolfe.

Wat is sy lewensmaat se naam? Sy is ’n model en het al in dié joernaalprogram gesig gewys.

Vraag 4

Watter akteur wat Wade Ferreira in Suidooster speel, is tans op die silwerdoek in die nuwe fliek Liewe Kersfeesvader te sien?

VRAAG 5

Die hoeveelste seisoen is dit dat die borrelende Minki van der Westhuizen die kykNET-maatsoekreeks Boer Soek ’n Vrou aanbied?

VRAAG 6

Watter ander bekende plaaslike glanspaar het ook hul stambome en herkoms verken saam met die akteurspaar Diaan Lawrenson en Jody Abrahams in hul TV-reeks Wat Is in ’n Naam? op VIA?

VRAAG 7

Watter werklikheidsreeks op M-Net met Nico Panagio as aanbieder keer in Mei 2018 terug?

VRAAG 8

Watter splinternuwe dansreeks wat in Februarie 2018 begin, gaan deur die Bravo!-aanbieder Tracey Lange en die Top Billing-aanbieder Christopher Jaftha aangebied word?

VRAAG 9

Watter gewese 7de Laner speel saam met die aktrise Kim Engelbrecht in die superheldreeks The Flash?

VRAAG 10

Wie neem die leisels oor by die komediant Schalk Bezuidenhout as aanbieder van die pasmaatsprogram Die Kliek op VIA?

ANTWOORDE
1.
FliekNET Foendies
2.
Sakkie
3.
Candice Boucher
4.
Dean Smith
5.
Tweede
6.
 Emo Adams en Michelle Gildenhuys
7.
Survivor SA
8.
Dancing with the Stars
9.
Neil Sandilands
10.
Jack Parow

FOTO'S: MARTIN DE KOCK, PAPI MORAKE, PEET MOCKE, IMDB, INSTAGRAM, GALLO IMAGES/GETTY IMAGES, VERSKAF