Skok-onthullings. Skok-aankondigings. Skokkende gedrag.

Kan jy al dié skokke hanteer? Voltooi dan ons nuusvasvra en kyk wat jy alles onthou van die week wat verby is!

Daar is ’n wenk in die foto hierbo versteek, en verlede week se uitslag verskyn onderaan die blad.

VERLEDE WEEK . . .

Die vrae wat die beste beantwoord is: Altesaam 96 persent van deelnemers het geweet die maansverduistering was ook ’n bloedmaan, 93 persent het geweet die politikus Imran Khan was ’n krieketster, en 91 persent het geweet Leandie du Randt het 30 jaar oud geword.

Die vraag waaroor die meeste mense gestruikel het: Net 45 persent het geweet die waarnemende Nieu-Seelandse premier het die Australiërs aangesê om ’n vlag te kry wat anders as Nieu-Seeland s’n lyk.

Die gemiddelde punt: 9,4 uit 14 oftewel 67 persent.