Die afgelope week het ons trots gevoel op die prestasies van twee Suid-Afrikaans-Amerikaanse biljoenêrs, vreemde oorsake van die Kaapse droogte aangehoor en ons vingers ongeduldig getrommel terwyl ons wag dat Zuma en Cyril klaar praat. Kyk wat jy alles van die week se nuus onthou.

 

VERLEDE WEEK . . . 

Die vraag wat die meeste deelnemers korrek beantwoord het: Altesaam 94 persent het geweet die Springbokrugby-afrigter, Allister Coetzee, is die trekpas gegee.

Die vraag wat die minste mense korrek beantwoord het: Net 37 persent het geweet daar is besluit op Xhosa as die taal wat in die mistieke land Wakanda in die superheldfliek Black Panther gepraat word. Die SA akteur John Kani, wat in die fliek speel, het akteurs met die taal gehelp.

Die gemiddelde punt: 67 persent oftewel 8,7 uit 13. Baie goed!