In vandag se nuusvasvra is daar vrae oor internasionale en plaaslike dramas, swanger sterre en ’n koek wat 1,2 ton weeg. Kyk of jy beter kan vaar as verlede week se gemiddeld van 9 uit 14!

Soos gewoonlik is daar ’n wenk of twee in die foto hierbo versteek.

Rol tot onder die vasvra om verlede week se uitslag te sien.

VERLEDE WEEK . . . 

Die vraag wat die beste beantwoord is: Altesaam 99 persent van deelnemers het geweet die moord op die boer Joubert Conradie het regstreeks aanleiding tot Swart Maandag gegee; en 95 persent het geweet mans kweek in November ’n snor.

Die vraag wat die swakste beantwoord is: Net 16 persent het geweet dat video’s op Osama bin Laden se rekenaar gevind is met lesse oor hoe om mussies en babaskoentjies te hekel.

Die gemiddelde punt: 67 persent, oftewel 9,4 uit 14.