Vir die eerste keer in die geskiedenis van Huisgenoot se nuusvasvra was daar verlede week ’n vraag wat deur elke deelnemer korrek beantwoord is! Rol tot onder die vasvra om te kyk met watter vraag invullers so goed gevaar het.

Maar eers . . . hoe fyn het die jy die afgelope week se nuus dopgehou? En kan jy beter vaar as verlede week se gemiddeld van 64 persent? 

VERLEDE WEEK . . .

Die vraag wat almal geken het: Altesaam 100 persent van deelnemers het geweet polonie kry onder meer die skuld vir die listeria-uitbraak.

Die vraag waarmee die meeste mense gesukkel het: Net 33 persent het geweet Noorweë het die meeste medaljes by die Olimpiese Winterspele losgeslaan.

Die gemiddelde punt was 64 persent, oftewel 8,3 uit 13.