Aranda Textiles, bekend vir uitstekende vakmanskap, vervaardig ’n ongelooflik uiteenlopende reeks wat tradisionele sjaals, komberse, oorgooidekens en ’n groterwordende modereeks insluit.

Hul diverse agtergrond het hulle in staat gestel om sedert 1953 ’n plek in die mededingende wêreldwye mark uit te kerf.

Die reeks, wat getuig van die stigters se harde werk en passie om ’n unieke reeks te skep wat uiteenlopende kultuur en erfenis vertoon, sluit helder kleure en Afrika-flair in.

Besoek Aranda vir nog inligting en volg Aranda Textiles op Facebook

Aranda aanlynwinkel en www.arandaweave.co.za

Wen een van 5 geskenkpakke met ’n luukse keperstofserp, snoesige halsdoek en handsak van R650 elk!

Om in aanmerking te kom vir hierdie prys, laat ons weet in watter jaar Aranda Textiles gestig is.

SMS jou antwoord, naam, kontakbesonderhede en adres na 35407.

KOMPETISIEREËLS, BEPALINGS EN VOORWAARDES: Die kompetisie is geldig van 16 Julie 2018 tot 30 Julie 2018 om middernag. Jy kan soveel keer as wat jy wil inskryf. Elke SMS kos R1,50. Jy moet die eienaar van die selfoon wees of die eienaar se toestemming hê om dit te gebruik om vir die kompetisie in te skryf. Elke deelnemer mag net een geskenkpak wen. Personeel van Media24 en hul gesinne en die borg mag nie deelneem nie. Jy moet die regte antwoord op die vraag stuur om ’n kans te staan om te wen. Wenners sal met ’n lukrake trekking gekies word en telefonies ingelig word. Indien ’n wenner nie binne drie oproepe tydens kantoorure bereik kan word nie, sal ’n nuwe wenner gekies word. Media24 en die borg aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige skade wat spruit uit inskrywing of deelname aan die kompetisie nie. Pryse is nie oordraagbaar nie en mag nie vir nog ’n prys of kontant geruil word nie. Die borg is verantwoordelik vir lewering van pryse binne ’n redelike tyd (4-6 weke). Dis die wenner se verantwoordelikheid om ’n adres vir aflewering bedags of posadres te verskaf en om teenwoordig te wees om die prys te ontvang en/of betyds die prys by die poskantoor af te haal. Media24 en die borg aanvaar geen verantwoordelikheid vir die verlies van die prys indien die wenner nie teenwoordig is om dit te aanvaar of versuim om dit by ’n poskantoor af te haal nie. Met jou deelname aan die kompetisie stem jy in om af en toe promosiemateriaal van Media24 te ontvang.