Gryp jou cowboyhoed en vier die gees van countrymusiek by vanjaar se Bakgat Country Opskop.

Sit op Sondag 3 Junie 2018 af na die Grand Arena, Grandwest in Kaapstad vir die 7de jaarlikse weergawe van dié musiekgeleentheid!  

Die volmaak saamgestelde lys kunstenaars sluit Suid-Afrikaanse countrylegendes in, tesame met nuwelinge wat die bedryf met mening getref het. Vanjaar se Bakgat Country Opskop sal die legendariese Lance James se 80ste verjaardag vier – hy gaan op die verhoog saam met Ray Dylan, Barbara Ray, Tommy Dell en Rocking Horse verskyn.

Die drie uur lange geleentheid sluit ook optredes in deur Pierre de Charmoy, wat vir die eerste keer in 20 jaar in Kaapstad optree, asook die countrysterre Ricus Nel, Elizma Theron, Elandré Schwartz en Brandon Oberholzer. Die sangsensasies sal deur ’n negestukorkes, The Banned, ondersteun word.

Kaartjies is beskikbaar by Computicket, en pryse wissel van R195 tot R235.

 Afslagkaartjies is ook vir pensioentrekkers beskikbaar – kontak Bakgat Promosies by 021-981-5010.

Besoek bakgatpromosies vir nog inligting. 

Moenie dit misloop nie 

Wil jy dubbelkaartjies na die geleentheid wen?

Huisgenoot-lesers kan een van 15 dubbelkaartjies na die Bakgat Country Opskop wen.

Beantwoord slegs die vraag: Waar word die geleentheid aangebied? 

SMS die antwoord, jou naam, kontaknommer, adres en stad na 35407

Kompetisiereëls, bepalings en voorwaardes: 
Jy moet 18 jaar of ouer wees om in aanmerking vir die prys te kom. 
Die kompetisie duur van 18 Mei tot 29 Mei 2018. 
Wenners sal lukraak gekies word. 
Die trekking van wenners is finaal. 
Die wenners sal telefonies in kennis gestel word. 
Ons sal ’n wenner tot drie keer tydens werkure kontak. 
Indien ons die wenner nie binne drie probeerslae kan bereik nie, sal ’n nuwe wenner getrek word. 
Personeellede en hul gesin van Media24 en die kompetisieborg mag nie deelneem nie. 
Media24 en die borge aanvaar geen verantwoordelikheid vir skade wat uit deelname aan die kompetisie spruit nie. 
Die prys sluit nie vervoer in nie. 
Pryse is nie oordraagbaar nie en kan nie vir kontant of ’n ander prys geruil word nie. 
Deur in te skryf vir hierdie kompetisie, gee jy toestemming dat Media24 jou van tyd tot tyd mag kontak met promosies. 
Deur in te skryf vir hierdie kompetisie, stem jy in om die bepalings en voorwaardes na te kom.