Gaan jou kind die eerste keer “grootskool” toe?

Oor twee dae skop ons Pep Graadeentjie-kompetisie af en jy staan ’n kans om kontantpryse vir jou en jou kind se skool te wen. 

Pep wil ons toekomstige leiers versterk. Kom deel in die pret. Suid-Afrika se no. 1-skoolwinkel bied lae pryse en hope terug-skool-toe-besparings om jou kind uit te rus sonder om jou sak te ruk. 

MEER OOR DIE KOMPETISIE

Skryf so in:

  • Neem ’n foto of twee van jou kind in hul skooluniform voor hulle vir die eerste keer gr. 1 toe gaan.
  • Laai jou foto op en deel jou inskrywing om jou stemme ’n hupstoot te gee. 

Stemmery:

Deel jou inskrywing in die sosiale media deur die hutsnaam #graadeentjie te gebruik en "tag" @huisgenoot – deelnemers kan wonderlike pryse wen.   

Wenners sal op grond van leserstemme en ’n Huisgenoot-paneel gekies word.

Die kompetisie begin Woensdag 9 Januarie en die stemmery sluit op 25 Januarie 2019 om 12:00. Sorg dus dat jy jou foto’s vroeg instuur sodat daar genoeg tyd is om te stem. Die wenners sal in die 7 Februarie 2019-uitgawe van Huisgenoot aangekondig word en op 1 Februarie 2019 op huisgenoot.com

DIT KAN JY WEN 

1ste prys: R5 000 vir jou – PLUS R2 000 vir jou kind se skool

2de prys: R3 000 kontant

3de prys: R2 000 kontant

PEP se groot prys: R10 000 kontant en R6 000 vir jou skool

Stemmers kan ook in die pryse deel.

Drie stemfases sal gehou word: 15, 18 en 25 Januarie.

Hou dus aan stem om een van drie Pep-koopbewyse van R500 te wen. 

Reg om groot te wen? Besoek vanaf Woensdag 9 Januarie graadeen.huisgenoot.com en laai jou kind se foto op.