Wil jy graag plaaslike ondernemings ondersteun, maar jy is nie seker waar om hulle te kry nie?

Wenk: RSAMade, die eerste aanlyn winkel van sy soort, is eksklusief daaraan toegewy om Trots Suid-Afrikaanse lidondernemings se produkte te verkoop.

Danksy die digitale era en die nuwe aanlyn winkel, kan jy nou met die klik van ’n knoppie deur ’n verskeidenheid van 100% plaaslike inhoud blaai – elke item ondergaan ’n siftingsproses wat ’n gehaltetoets en plaaslike stempel van goedkeuring insluit – en dit binne 48 uur in Suid-Afrika laat aflewer, asook na enige plek oorsee versend. Jy kan dus die beweging ondersteun en die beste geniet wat Suid-Afrika het om te bied, ongeag waar jy jouself bevind. 

Jy kan enigiets van water tot houtskoolbrikette, kosmetiekware, klere of heerlike plaaslike lekkernye kry – wat die keuse om plaaslik te koop soveel makliker vir verbruikers maak. 

Met dié dat meer as 18 miljoen aanlyn kopers in SA aankope van meer as R37,1 miljard in 2017 aangegaan het, is dit duidelik aanlyn koop is die inding. En pleks van jou geld aan uitvoere van vreemde lande bestee, oorweeg dié trots plaaslike winkel. 

Die e-inkopie-webtuiste stel jou in staat om produkte te koop en besigtig met die wete dat elke liewe item plaaslik vervaardig is. En, soos jy dalk weet, sluit die voordele van plaaslik koop werkskepping in. Dit moedig ook bewustheid en maatskaplike bemagtiging aan en ploeg geld terug in die ekonomie. 

Deur Suid-Afrikaanse produkte ’n aanlyn en internasionale teenwoordigheid te gee, werk RSAMade op dieselfde grondslag as enige ander aanlyn winkel, met ’n eenvoudige produkseleksie en betaalproses. Dit het ook ’n volledig werkende kaartjiestelsel en plaaslike geleenthede word aangemoedig om die platform vir hul aanlyn kaartjieverkope te gebruik – en dié geleenthede sal ongetwyfeld binnekort daar te kry wees. 

Vir ’n trots Suid-Afrikaanse aanlyn inkopie-ervaring, besoek www.rsamade.co.za.

Begin koop en spaar 

Jy het ’n kans om een van 10 afslagbewyse te wen wat jou 10% afslag op jou eerste aanlyn kopie gee. 

Beantwoord bloot die volgende vraag: Wat is die naam van die nuwe Trots Suid-Afrikaanse aanlyn winkel?

SMS jou antwoord, naam, van, kontakbesonderhede en volledige adres na 35407.

KOMPETISIEREËLS, BEPALINGS EN VOORWAARDES

Die kompetisie duur van 12 September 2018 tot 10 Oktober 2018 om middernag. Jy kan soveel keer inskryf soos wat jy wil. Elke SMS kos R1,50. Jy moet die eienaar wees van die selfoon wat jy gebruik om in te skryf of toestemming hê om dit te gebruik. Personeellede en hul gesin van Media24 en die kompetisieborg mag nie deelneem nie. Jy moet die korrekte antwoord op die vraag instuur vir ’n kans om te wen. Wenners sal in ’n lukrake trekking gekies word en telefonies in kennis gestel word. As ons ’n wenner nie binne drie oproepe tydens werksure kan bereik nie, sal ’n nuwe wenner gekies word. Media24 en die borg aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige skade wat uit deelname aan die kompetisie spruit nie. Pryse is nie oordraagbaar nie en kan nie vir kontant of ’n ander prys geruil word nie. Die borg is verantwoordelik vir die verskaffing van die pryse binne ’n redelike tyd (4-6 weke). Dit is die wenner se verantwoordelikheid om ’n dagadres of posadres vir aflewering te verskaf en beskikbaar te wees om die prys te ontvang en/of die prys betyds by ’n poskantoor te gaan afhaal. Media24 en die borg aanvaar geen verantwoordelikheid vir pryse wat verbeur word vanweë ’n wenner wat nie beskikbaar was vir aflewering nie en/of nie die prys by die poskantoor afgehaal het nie. Deur aan die kompetisie deel te neem, stem jy in om af en toe promosiemateriaal van Media24 te ontvang.