Die naam Stap Soos Karlien kom van van die “asemrowende” manier waarop die sangeres Karlien van Jaarsveld in haar musiekvideo vir die liedjie Hande stap, verduidelik Vincent.

“Almal weet waarna daar verwys word as ons sê die meisie in die liedjie sal jou hipnotiseer omdat sy stap soos Karlien.”

In die prettige musiekvideo hou Vincent oudisies op soek na iemand wat soos Karlien kan stap. “Hoewel die deelnemers vir baie genot sorg, loop dinge glad nie volgens wat daar verwag of beplan is nie,” sê Vincent.

Raadop besluit Vincent om vir Karlien te bel sodat sy vir die meisies kan wys hoe sy stap. “Sy daag in ’n asemrowende uitrusting op en wys almal dat dit eintlik net die regte Karlien is wat kan Stap Soos Karlien,” sê Vincent.

Die musiekvideo wemel van die bekendes, onder andere die musikant en aktrise Sorina Erasmus, oftewel Die Flooze, Binnelanders se Ramsey Short en die manne van die musiekgroep Tussen Sterre. Die video is by die Casa Grande Lodge net buite Brits geskiet, en die eienaar, die sosialemedia-persoonlikheid Craig du Toit Nel, wys ook sy gesig in die video.

Stap Soos Karlien is die eerste enkelsnit op Vincent se nuwe album Asem, wat Donderdag 4 Oktober uitgereik word.

Neem nou deel aan die Afrikaans Is Groot-kompetisie!

Moenie tyd mors nie: Jy kan ook ’n kans staan om een van vier Afrikaans Is Groot-geskenkpakke ter waarde van R3 500 te wen.

Elke geskenkpak sluit in
  • 3 x Afrikaans Is Groot kunstenaars se plate
  • 3 x Afrikaans Is Groot kunstenaars se albums
  • 9 x Afrikaans Is Groot kunstenaars se DVD’s
  • 2 x Afrikaans Is Groot Konsertkaartjies vir hierdie jaar in Pretoria

Jy kan vandag af tot Donderdag 25 Oktober 2018 in die vorm hier onder stem om in aanmerking te kom vir die heerlike pryse. Onthou net, jy is self verantwoordelik vir vervoer na en van die konsert. 

Bepalings en voorwaardes

  • Die geskenkpak sal deur Coleske Artists aan elke wenner gekoerier word.
  • Wenner moet beskikbaar wees vir die spesifieke Afrikaans Is Groot konsert wat gekies word deur Coleske Artists.
  • Wenners van kaartjies is verantwoordelik vir hul eie vervoer na Afrikaans Is Groot.
  • Die kompetisie duur van 4 Oktober 2018 13:00 tot 25 Oktober 2018 17:00.
  • Wenners sal lukraak gekies word.
  • Die trekking van wenners is finaal.
  • Die wenners sal telefonies in kennis gestel word. 
  • Ons sal ’n wenner tot drie keer tydens werkure kontak.
  • Indien ons die wenner nie binne drie probeerslae kan bereik nie, sal ’n nuwe wenner getrek word.
  • Personeellede en hul gesin van Media24 en die kompetisieborg mag nie deelneem nie.
  • Media24 en die borge aanvaar geen verantwoordelikheid vir skade wat uit deelname aan die kompetisie spruit nie.
  • Pryse is nie oordraagbaar nie en kan nie vir kontant of ’n ander prys geruil word nie.
  • Deur in te skryf vir hierdie kompetisie, gee jy toestemming dat Media24 jou van tyd tot tyd mag kontak met promosies.
  • Deur in te skryf vir hierdie kompetisie, stem jy in om die bepalings en voorwaardes na te kom.