Cartoon Network Live is vir die eerste keer ooit op pad na Suid-Afrika. Bederf jou kinders met ’n skouspelagtige verhoogproduksie wat die hele gesin sal geniet.

Dié interaktiewe vertoning spog met al jou kleinding se gunsteling- Cartoon Network karakters, van die Powerpuff Girls tot Ben 10, The Amazing World of Gumball en Adventure Time. Die bekroonde regisseur en choreograaf Bart Doerfler – bekend vir sy werk aan The Wizarding World of Harry Potter by Universal Studios Hollywood, Holiday On Ice en Dreamworks om maar ’n paar te noem – blaas lewe in al dié gewilde karakters.

Die opwindende regstreekse produksie is vanaf 26 Junie 2018 in Kaapstad te sien (kaartjies kos tussen R245 en R365) by die Grand Arena, Grand West, voor dit vanaf 3 Julie 2018 in Montecasino in Johannesburg (kaartjies kos tussen R175 en R390) ’n draai maak.

Kaartjies is by Big Concerts beskikbaar.

Kyk hoe die kookwater wetenskaplike Kelvin Gizmo kykers wegvoer na die wêreld van Cartoon Network wat deur Zarr, ’n bose robot, bedreig word. Reis deur die Land of Ooo, die stad Townsville en Elmore en ontmoet hul beroemde inwoners. Met behulp van sy vriende en die gehoor, sal Kelvin Gizmo dapper probeer om vir Zarr met sy bose planne te keer.

Wil jy al die pret ervaar?

Ons gee 13 dubbelkaartjies na die vertoning in Kaapstad en 25 dubbelkaartjies na die vertoning in Montecasino weg.

Neem só deel:

SMS die woord Cartoon, jou volle naam, streek en e-posadres na 35407.

Jy kan tussen 24 Mei en 11 Junie 2018 soveel as wat jy wil inskryf. Moenie uitmis nie!

Kompetisiereëls, bepalings en voorwaardes: 
Die kompetisie is geldig vanaf 24 Mei 2018 tot 19 Junie 2018 om middernag. 
Personeellede of hul families van Media24 en die borg mag nie deelneem nie. 
Jy moet die regte sleutelwoord stuur vir ’n kans om te wen. 
Wenners sal in ’n lukrake trekking gekies word.
Die 13 gelukkige Kaapse wenners wen kaartjies na die vertoning op 26 Junie 2018, en die 25 wenners van Johannesburg kan die vertoning op 3 Julie gaan kyk.
Wenners sal telefonies en via e-pos in kennis gestel word.
Indien ’n wenner nie binne drie oproepe of e-posse tydens besigheidsure bereik kan word nie, sal ’n nuwe wenner gekies word. 
Media24 en die borg aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige skade wat uit die inskryf of deelname aan hierdie kompetisie kan spruit nie. 
Die prys sluit nie vervoer na die vertoning in nie. 
Met deelname aan die kompetisie gee jy toestemming om af en toe promosiemateriaal van Media24 te ontvang. 
Met deelname aan die kompetisie stem die deelnemer tot die bepalings en voorwaardes in.