Hou jy van sing, dans, rap, gedigte opsê, kitaar speel of fliek maak? Dan moet jy vandag jou talent met ons deel; solank dit in Afrikaans is. Al wat jy moet doen, is om jou talent vir ons te wys en in video-formaat op te neem.

Stuur die video saam met die hutsmerk #droomgroot18 na Afrikaans.com se sosialemedia-platforms Facebook, Instagram of deel dit per WhatsApp met ons. Onthou net om Afrikaans.com te tag. As jy een van die finaliste is, sal ons jou vra om vir ons te skryf en meer te vertel oor jou droom en hoe jy die R10 000 wil gebruik om nader aan jou droom te kom.

Die groot wenner word uit die finaliste gekies. As dit jy is, ontvang jy ’n prys ter waarde van R10 000 wat namens jou aangewend sal word om jou net so ’n stappie nader aan jou droom te bring. 

Verlede jaar se wenner van #droomgroot17, Ashaan Arries, het met sy rapinskrywing bewys drome kan waar word, ten spyte van jou omstandighede. Moet nooit ophou droom nie. Sy groot motivering was om aan die “verlore” jeug in sy gemeenskap te wys dit is altyd moontlik om bo jou omstandighede uit te styg.

Ashaan het sy wengeld gebruik om basiese toerusting aan te koop om hom te help om sy rapliedjies te skryf en op te neem. Hy is boonop deur HemelBesem onder die vlerk geneem. “My verlede bepaal nie my toekoms nie,” sê Ashaan. “Wel harde werk en geloof in myself. ’n Mens moet nooit ophou droom nie.” 

Meer oor die kompetisie

Afrikaans.com se droomgroot-kompetisie, #droomgroot18, word in samewerking met ons muurkunsprojek by skole aangebied. Leerders van gr. 8 tot 12 kan deelneem. Inskrywings moet in videoformaat wees. Al die video’s wat ontvang word, sal deur ’n span beoordelaars gekyk word.

Daarna word die finaliste gekies. Die finaliste sal gevra word om ’n motivering te skryf en meer te vertel van hul droom en wat hulle met die prysgeld wil doen om nader aan hul droom te kom. Die groot wenner word uit die finaliste gekies. As dit jy is, ontvang jy ’n prys ter waarde van R10 000 wat namens jou aangewend sal word om jou effens nader aan jou groot droom te bring. 

Opskud! Jy het van 1 Julie tot 30 September kans om in te skryf en met jou talent te spog.

Wat jy moet doen om deel te neem:

  • Jy moet ’n hoërskoolleerder wees – gr. 8-12. 
  • Jou inskrywing moet in videoformaat wees.
  • Jou inskrywing moet in die sosiale media (Facebook of Instagram) gelaai word of vir ons op WhatsApp gestuur word na: 064-652-6873
  • Die hutsmerk #droomgroot18 moet jou inskrywing vergesel.
  • Jy moet Afrikaans.com tag.
  • Jou inskrywing moet ons voor of op 30 September 2018 bereik.
  • Die heel belangrikste is om deel te neem!