As jy gereed vir die nuwe skooljaar? Maak ’n draai by PEP, jou no. 1-skoolwinkel, met by verre die laagste pryse.

Sowat 8 miljoen kinders dra PEP-skoolskoene – en meer as die helfte van Suid-Afrika se kinders dra PEP-skoolklere, danksy die lae pryse wat aangebied word. Maak seker jy maak gebruik daarvan.

As jou kind op pad is gr. 1 toe, kan jy groot kontantpryse vir jou en jou kind se skool wen. Kan jy net dink watter goeie eerste indruk sal jou kind maak!

Al wat jy hoef te doen, is om ’n foto van jou kleinding in hul skooluniform te neem en jy kan ’n deel van R28 000 wen.

Volg 4 maklike stappe om in te skryf:

  • Glimlag vir die kamera!
  • Neem ’n foto van jou kind in skooldrag.
  • Stuur vir ons jou inskrywing deur die foto’s by graadeen.huisgenoot.com op te laai.
  • Deel jou kind se inskrywing in die sosiale media en vra jou vriende en familie om te stem (onthou, hoe meer stemme jy kry, hoe groter is jou kans om te wen).

Wat is die pryse?

  • 1ste prys: R5 000 vir jou kind – en R2 000 vir jou kind se skool
  • 2de prys: R3 000 vir jou kind
  • 3de prys: R2 000 vir jou kind
  • PEP se groot prys: R10 000 vir jou kind en R6 000 vir jou kind se skool

Kry jy iets as jy stem?

  • Elkeen is ’n wenner met PEP. Stemmers het elke week die kans om een van drie PEP-geskenkbewyse van R500 te wen.

Hoe word die wenners gekies?

  • Die wenners van die Graadeentjie-kompetisie sal op grond van leserstemme en ’n Huisgenoot-paneel gekies word.
  • Die wenners sal in die 20 Februarie 2020-uitgawe van die tydskrif Huisgenoot en op 14 Februarie 2020 aanlyn bekendgemaak word. Ons kan nie wag om al die inskrywings te sien nie!


Kompetisiereëls, bepalings en voorwaardes
  • Die kompetisie duur van 15 Januarie 2020 tot 31 Januarie 2020.
  • Jou kind se eerste skooldag moet in Januarie 2020 wees.
  • Jy mag net een keer inskryf.
  • Die ouer of voog van die kind wat ingeskryf word moet 18 jaar of ouer wees om ’n inskrywing vir die kompetisie in te stuur.
  • Personeel en hul gesinne van Media24 en enige borge mag nie aan die kompetisie deelneem nie.
  • Gaan na graadeen.huisgenoot.com om in te skryf en vir die volledige bepalings en voorwaardes van die kompetisie.

Pretfeite oor PEP

  • PEP verkoop meer as 11 miljoen sokkies per jaar. 
  • Die maatskappy vervaardig sy eie reeks skoolklere, Student Prince, in Kaapstad.
  • PEP het terug-skooltoe-aanbiedings in elke dorp in Suid-Afrika.