Jy het dalk al die OUTsurance-advertensies op TV gesien waarop gelukkige kliënte van oral in Suid-Afrika opgewonde van hul groot besparings op motorversekering vertel. 

Nou kan jy self so op TV verskyn, spaar en groot pryse met OUTsurance wen.

Jy kan een van die gelukkige maandelikse wenners van R25 000 kontant wees – en nog R25 000 sal na ’n liefdadigheidsorganisasie gaan. 

Ontmoet die eerste gelukkige wenner

Alberto Hanekom, wat op ’n plaas in Citrusdal werk, het ’n allemintige R25 000 kontant losgeslaan. Hy het ook die geleentheid gekry om nog R25 000 te skenk aan die Gift of the Givers Foundation, wat daarna mik om rampverligting te verskaf.

En dit het alles met ’n oproep aan OUTsurance begin!

Die nuwe spaar-en-wenveldtog stel almal in staat om munt te slaan en hul deel te doen vir liefdadigheid. 

So werk dit: 

1. Kom met OUTsurance in aanraking vir ’n verpligtingvrye kwotasie op jou motorversekering. Jy kan hulle by 08600 60 000 skakel of hier klik.

2. As hul kwotasie dít klop wat jy nou by ’n ander versekeraar betaal, kan jy inskryf. 

3. Skryf in by OUTsurance – maak seker jy het die polisskedule van jou huidige versekeraar byderhand, want jy moet dit oplaai.

In Alberto se geval het hy ’n verpligtingvrye kwotasie vir sy Ford Ranger gekry, en al was sy besparing betreklik klein, het hy steeds ingeskryf en duim vasgehou.

Voor hy hom kom kry, het Katlego (die OUTsurance-man wat ons almal op TV sien), hom met sy prys by sy huis kom verras. 

Kyk hier na sy prys-oomblik:

As jy ’n stewige R25 000 vir jouself en vir ’n liefdadigheidsorganisasie begeer – en die kans om op TV in jou eie advertensie te verskyn – skryf vandag in.

Dit neem net ’n paar minute, maar jy kan spaar en wen!

Hier is die bepalings en voorwaardes van die kompetisie. 

OUTsurance is ’n gelisensieerde versekeraar en finansiëlediensteverskaffer.

Bepalings, voorwaardes en standaardtariewe geld.