Klop die koue met dié eenvoudige maar geurige Thaise kerrie met sagte, sappige skywe van ons #DieLekkerLewe-varkfilet 

Thaise varkfilet-groenkerrie

  • Verhit klapperolie in ’n braaipan oor hoë hitte. 
  • Braai die rooi-ui, gemmer en klappervlokkies tot die ui glansend is. 
  • Roer die groenkerriepasta, klapperroom en kasjoeneute in. 
  • Geur die varkfiletskywe met sout en peper en voeg by die sous. 
  • Laat kook 10 min. VermicellinoedelsWeek die noedels 3 min. in kokende water en dreineer dan. 

Vir voorsit

  • Skep ’n porsie van die noedels in en bedek met groenkerrie.
  • Garneer met babaspinasie en mikrobasilie.