Verskeie bestanddele in sonskerm – soos sommige sonfilters – is nie bio-afbreekbaar nie. Dit word geabsorbeer deur koraal en ander see-organismes en kan ’n verwoestende uitwerking op die mariene ekosisteem hê. 

Eau Thermale Avène-sonskerms is geformuleer om die beste beskerming vir jou vel te bied, maar terselfdertyd die effek op die omgewing tot die minimum te beperk. In pas met dié ekovriendelike benadering is die handelsnaam heeltyd besig om sy formules en verpakking aan te pas om te strewe na hul leuse: SKIN PROTECT, OCEAN RESPECT. 

Wat doen dit vir jou vel? 

Eau Thermale Avène se reeks sonskermprodukte bied wêreldklas beskerming deur middel van die eksklusiewe Sunsitive-formule. Dié formule verskaf breëspektrum-beskerming met dié unieke kombinasie van bestanddele: 

  • Vier kragtige sonfilters bekend vir hul beskermende eienskappe, lae impak op die omgewing en die vel se vermoë om dié vier soorte te hanteer. 
  • Antioksidante: Pre-tokopheryl en Thialidine vir totale selbeskerming teen vrye radikale. 
  • Avène Thermal Spring Water, ’n bestanddeel eksklusief tot die handelsnaam wat velirritasie teenwerk. 

Hoe beskerm dit die oseaan?

  • Hoëgehalte-bestanddele word gebruik om te verseker dat dit die omgewingsimpak van elke produk tot die minimum beperk. 
  • Die reeks bevat ’n minimale hoeveelheid sonfilters waarvan nie een wateroplosbaar is nie en dus nie deur marine organismes opgeneem kan word nie. Dit bevat ook geen kontroversiële filters soos oxybenzone, octinoxate, octocrylene of homosalate nie.
  • Avène gebruik silikon-vrye formules vir optimale bio-afbreekbaarheid van hul produkte. 
Avene
Foto verskaf.

Geniet die sonnige seisoen met die geruste wete dat jou vel én die omgewing baat by jou keuse van sonskerm.

Eau Thermale Avène se sonskermreeks bied gespesialiseerde sonbeskerming vir verskeie veltipes, insluitend kinders. Die produkte is beskikbaar by Clicks, Dis-Chem en die Dermastore

Selfs meer rede om te koop:

R10 van elke Eau Thermale Avène-sonskerm wat gedurende November tot Desember 2019 verkoop word, sal geskenk word aan inisiatiewe vir die bewaring van seeskilpaaie langs die kus van Suider-Afrika.

Avene
Seeskilpadbewaringsinisiatief

Besoek die Eau Thermale Avène-webwerf vir meer inligting.

Seeskilpadbewaringsinisiatief word in samewerking met White Pearl Resorts bedryf.