Classics Is Groot is om die draai, en as jy nog nie kaartjies vir die trefferskouspel het nie, sal jy moet spring!

Kaartjies vir die vorige Classics-konserte het blitsvinnig uitverkoop, en vanjaar gaan geen uitsondering wees nie.

“Classics 2018 sal extravaganza ’n nuwe betekenis gee. Ons vereer die grootste musiekikone en doen uittreksels van die legendariese The Lion King en The Greatest Showman – die rolprent op soveel mense se lippe,” sê Barry Pretorius, kreatiewe regisseur van Classics.

Classics word vir die eerste keer op Saterdag 9 Junie om 13:00 en 19:30 in die nuwe Menlyn Maine Sun Arena in Pretoria aangebied.

Corlea, Monique Steyn, Jannie Moolman, Patrizio Buanne, Amira, Tarryn Lamb, Monique Steyn en die ongelooflik talentvolle duo Touch of Class sorg saam met ’n volle simfonieorkes vir magiese oomblikke en musikale hoogtepunte – met treffers van Bon Jovi, Andrew Lloyd Webber, ABBA, Elton John en Queen.

Kaartjies is beskikbaar by Computicket, Shoprite/Checkers en House & Home, of bel 0861-915-8000. Besprekings kan ook aanlyn gedoen word by Computicket.

Dis so maklik om te wen

Moet dit nie misloop nie! Jy kan een van ons 20 gelukkige lesers wees wat ’n dubbelkaartjie na die een uur lange vertoning wen.

Beantwoord slegs die vraag: Waar word die konsert gehou?

SMS die antwoord, gevolg deur jou naam, kontaknommer, e-pos adres en stad na 35407.

Kompetisiereëls, bepalings en voorwaardes: 

Die kompetisie duur van 28 Mei tot 5 Junie 2018 om middernag. 

Wenners sal lukraak gekies word.

 Die trekking van wenners is finaal. 

Die wenners sal telefonies in kennis gestel word. 

Kaartjies is geldig vir Saterdag, 9 Junie om 13:00. 

Ons sal ’n wenner tot drie keer tydens werkure kontak.

Indien ons die wenner nie binne drie probeerslae kan bereik nie, sal ’n nuwe wenner getrek word. 

Personeellede en hul gesin van Media24 en die kompetisieborg mag nie deelneem nie. 

Media24 en die borge aanvaar geen verantwoordelikheid vir skade wat uit deelname aan die kompetisie spruit nie. 

Pryse is nie oordraagbaar nie en kan nie vir kontant of ’n ander prys geruil word nie.

Deur in te skryf vir hierdie kompetisie, gee jy toestemming dat Media24 jou van tyd tot tyd mag kontak met promosies. 

Deur in te skryf vir hierdie kompetisie, stem jy in om die bepalings en voorwaardes na te kom.