Is jy dol daaroor om om die braaivleisvure te kuier en ’n tjoppie oor die kole te gooi?

Natuurlik is jy, want wie kan dan ’n braai weerstaan? Nou het jy die kans om ’n spoggerige braai in jou eie agterplaas of braaikamer te geniet met die heel lekkerste gaste.

Dis die Grootste Braai van die Jaar-kompetisie met Virseker, Huisgenoot en VIA, en jy kan dalk ons wenner wees.

Stel jou voor: ’n bielie van ’n braaipartytjie by jou huis – met kos deur ’n TV-sjef, topvermaak, kelners en ’n skoonmaakspan daarby. Al wat jy moet doen, is agteroor sit en toelaat dat jy en jou vriende bederf word.

Klink dit soos jou soort partytjie?

Dis maklik om te wen, en daar is ook weeklikse kontantpryse op die spel! 

Ingesluit:

Die Kos

Voorwaar ’n onvergeetlike kos-ervaring! Geniet alle versierings en bykosse wat deur die VIA-aanbieder en Sarie-kosredakteur, Herman Lensing, gemaak en voorgesit sal word.

Die Vermaak

Die musiek? Uitgesorteer! Jou gaste sal bederf word met optredes deur die wenner van Die Kontrak, Demi Lee Moore. Geniet van haar treffers soos Mis, Eet, Slaap, Herhaal en Lelie.

Die Kuier

Die prettige Alvin Bruinders en Gerhard Steyn van VIA se Konings van Kitskos sal op jou partytjie kom kuier terwyl julle aan jenewer teug en wyn geniet, geskink deur ’n kundige plaaslike kroegman. 

Pryse 

1. Jy kan die groot prys wen – die Grootste Braai van die Jaar – ter waarde van R50 000! 

2. Daar is ook wonderlike weeklikse kontantpryse van R2 000 wat gewen kan word. 

Skryf so in

Stuur jou naam, van en die woord ‘Braai’na 43239 of klik hier om aanlyn in te skryf.