Liefde by die Dam bied die beste in plaaslike vermaak en is op Sondag 4 Augustus terug met ’n rits sangers wat die skare gaan bekoor. Kom geniet ’n prettige dag met die hele gesin terwyl jy jou gunsteling- plaaslike sangers geniet.

As jy ’n nuweling is, kan jy uitsien na diverse optredes, heerlike kos, ’n kroeg en nimmereindigende vermaak in ’n skouspelagtige atmosfeer. 

Pierre Greeff van Die Heuwels Fantasties, wat ook een van die organiseerders van die geleentheid is, sê: “Ons gaan selfs groter gaan as in 2018: ’n Groter verhoog, groter grasperke. Dit gaan ’n ongelooflike partytjie wees!

”Die Heuwels Fantasties en Francois van Coke, wat as twee van die gewildste Afrikaanse sangers in die huidige Suid-Afrika musieklandskap beskou word, het verlede jaar die skare op hul voete gehad en beloof dieselfde soort opwinding vanjaar.

Nog optredes sluit in die bekroonde sangeres Tarryn Lamb, die alternatiewe rockgroep Spoegwolf, die legendariese Coenie de Villiers, die wêreldbekende Grammy-wenners Soweto Gospel Choir, Martin Bester en die dinamiese duo Bouwer Bosch en Lucinda Neethling. Voeg daarby die talent van Early B en Radio Raps en Liefde by die Dam 2019 beloof om ’n fantastiese konsertervaring te wees.

Moenie vergeet om komberse saam te bring om aan die Liefde Wen-projek te skenk nie – hulle hoop om vanjaar die liefde met selfs meer behoeftiges te deel, sê Charlotte Kanter, Liefde by die Dam-bemarkingsbestuurder: “Ons het verlede jaar meer as 1 000 komberse ingesamel. Bring jou kombers en los dit ná die konsert agter. Ons mikpunt vanjaar is 2 000.

”Sluit aan by die beweging en deel in die pret!

Kaartjies is nou teen R195 by Howler beskikbaar. Kinders tussen drie en 12 jaar betaal R75; kinders onder 3 kry gratis toegang. 

Koop jou kaartjies te nou.  

Kom en geniet ’n Jacaranda FM More Music You Love-ervaring.

Wen hier kaartjies:

Huisgenoot wil nie hê jy moet dié fantastiese geleentheid misloop nie. Ons gee 10 dubbelkaartjies na Liefde by die Dam weg. Skryf in deur vir ons te sê hoeveel komberse die organiseerders vanjaar in die Liefde Wen-projek wil insamel.

SMS die antwoord, gevolg deur jou naam, kontaknommer, e-posadres en stad na 35407.

Volg #LiefdeByDieDam in de sosiale media:

Besoek die webtuiste en volg hulle op FacebookTwitter en Instagram

Kompetisiereels, bepalings en voorwaardes: Die kompetisie duur van 12 Julie 2019 tot 23 Julie 2019 om middernag. Wenners sal lukraak gekies word. Die trekking van wenners is finaal. Vervoer is nie ingesluit nie. Die wenners sal telefonies in kennis gestel word. Ons sal ’n wenner tot drie keer tydens werkure kontak. As ons die wenner nie binne drie probeerslae kan bereik nie, sal ’n nuwe wenner getrek word. Personeellede en hul gesin van Media24 en die kompetisieborg mag nie deelneem nie. Media24 en die borge aanvaar geen verantwoordelikheid vir skade wat uit deelname aan die kompetisie spruit nie. Pryse is nie oordraagbaar nie en kan nie vir kontant of ’n ander prys geruil word nie. Deur in te skryf vir hierdie kompetisie gee jy toestemming dat Media24 jou van tyd tot tyd mag kontak met promosies. Deur in te skryf vir hierdie kompetisie, stem jy in om die bepalings en voorwaardes na te kom.