Bederf daardie iemand spesiaal met dié byderwetse Daniel Klein-horlosie wat toevalling by joune pas.

Die horlosiestel vir hom en haar het die gehalte, styl en bekostigbaarheid waarvoor Daniel Klein gewild geword het sedert dit in 1973 bekendgestel is.

Die twee horlosies saam se waarde is R2 590. Die vrouehorlosie het ’n swart maasbandjie, roosgoud huis met swart wyserplaat en roosgoud elemente op die wyserplaat. Die manshorlosie het ’n swart huis en bandjie, met roosgoudversiering op die huis, aangevul deur ’n swart wyserplaat en roosgoud elemente op die wyserplaat. Betyds wees het nog nooit so goed gelyk nie.

Ons gee twee stelle van dié bypassende horlosies weg. Skryf nou in vir ’n kans om die stylvolle stel in die hande te kry.

Wen is maklik! 

Beantwoord net die volgende vraag: Wanneer is die Daniel Klein-handelsmerk bekendgestel?

SMS die antwoord en jou naam, van, kontakbesonderhede en adres na 35407.

Raak stylvol met Daniel Klein-horlosies teen wonderlike pryse. Maak kontak met DK op Facebook.

Besoek danielkleinwatches.co.za vir nog inligting.

KOMPETISIEREËLS, BEPALINGS EN VOORWAARDES: Die kompetisie duur van 29 Maart 2018 tot 12 April 2018 om middernag.Jy kan soveel kere inskryf soos jy wil. Elke SMS kos R1,50. Jy moet die eienaar wees van die selfoon wat jy gebruik om in te skryf of toestemming hê om dit te gebruik. Elke deelnemer mag net een horlosiestel wen. Personeellede en hul gesin van Media24 en die kompetisieborg mag nie deelneem nie. Jy moet die regte antwoord stuur vir ’n kans om te wen. Wenners sal in ’n lukrake trekking gekies en telefonies in kennis gestel word. As ’n wenner nie binne drie oproepe in werkure bereik kan word nie, sal ’n nuwe wenner gekies word. Media24 en die kompetisieborg aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige skade wat uit inskrywing of deelname aan die kompetisie spruit nie. Pryse is nie oordraagbaar nie en kan nie vir ’n ander prys of kontant geruil word nie. Die kompetisieborg is verantwoordelik vir die aflewering van die pryse binne ’n redelike tyd (4-6 weke). Dit is die wenner se verantwoordelikheid om ’n dag-adres vir aflewering of ’n posadres te verskaf en teenwoordig te wees om die prys te ontvang en/of die prys betyds by ’n poskantoor afhaal. Media24 en die borg aanvaar geen verantwoordelikheid vir verlies van die prys as die wenner nie teenwoordig is om dit te ontvang of nalaat om dit by ’n poskantoor af te haal nie. Deur aan die kompetisie deel te neem, gee jy toestemming om van tyd tot tyd promosiemateriaal van Media24 te ontvang.