Die internasionale groep Il Divo kom in November in Suid-Afrika optree as deel van hul wêreldwye konserttoer om hul 15de bestaansjaar te vier. 

Il Divo, wat bestaan uit Urs Buhler, Sebastien Izambard, Carlos Marin en David Miller, het in 2003 wêreldberoemd geword nadat Simon Cowell van X-Factor-faam vier sangers gesoek het om ’n vars klank na die wêreldverhoog te bring. 

Die groep het al meer as 30 miljoen albums verkoop en 160 goue en platinumpryse in 33 lande ontvang. Van hul grootste treffers sluit in Italiaanse weergawes van Unbreak My Heart (Regresa a mi), I Don’t Want To Lose You (Si voy a perderte) en I Believe In You (Je crois en toi).

Die genooide kunstenaars tydens hul Suid-Afrikaanse optredes sluit in Zolani Mahola, die hoofsanger van Freshlyground, en Tarryn Lamb, voormalige lid van die groep Blackbyrd en aktrise in die sepie Suidooster. Die Nederlandse kinderster en Holland’s Got Talent-wenner Amira sal ook optree.

Die plaaslike groep Touch of Class, topverkoper-duo van Sound of Silence-faam, sal gehore met van hul grootste treffers vermaak. In Kaapstad vervang die groep The Voice of Angels vir Zolani as genooide kunstenaar.

Suid-Afrika is die enigste land in Afrika waar die groep optree. Konserte word in Pretoria en Kaapstad gehou. Die vertonings is op 9 en 10 November in Pretoria se Sun Arena en 13 November in Kaapstad se Grand Arena (Grand West Casino). FNB is die borg van die vertoning.

Bly op die hoogte van die jongste nuus op Facebook, Twitter en Instagram. Kaartjies is by Computicket, Shoprite/Checkers en House & Home beskikbaar of bel 0861-915-8000.

Geniet die ervaring!

Moenie die geleentheid misloop nie! Een van twee gelukkige lesers staan ’n kans om hierdie ongelooflike prys te wen.

Wat jy kan wen:

* Een stel dubbelkaartjies na die Il Divo-konsert in Pretoria (9 of 10 November 2018) of Kaapstad (13 November 2018)
* R10 000 kontant 

Kompetisiereëls, bepalings en voorwaardes:

Die kompetisie duur van 19 Junie tot 18 Julie 2018 om middernag. Wenners sal lukraak gekies word. Die trekking van wenners is finaal. Die wenners sal telefonies in kennis gestel word.

Ons sal ’n wenner tot drie keer tydens werkure kontak. Indien ons die wenner nie binne drie probeerslae kan bereik nie, sal ’n nuwe wenner getrek word.

Personeellede en hul gesin van Media24 en die kompetisieborg mag nie deelneem nie. Media24 en die borge aanvaar geen verantwoordelikheid vir skade wat uit deelname aan die kompetisie spruit nie.

Pryse is nie oordraagbaar nie en kan nie vir kontant of ’n ander prys geruil word nie.

Deur in te skryf vir hierdie kompetisie, gee jy toestemming dat Media24 jou van tyd tot tyd mag kontak met promosies. Deur in te skryf vir hierdie kompetisie, stem jy in om die bepalings en voorwaardes na te kom.