Aandag, alle dansliefhebbers! Dein Perry se Tap Dogs kom Suid-Afrika toe! 

Hulle het die wêreld vol getoer en hul talente voor verwonderde gehore in meer as 330 stede met meer as 12 miljoen mense gedeel en nou is hulle uiteindelik hierheen op pad. 

Kom kyk hoe die Tap Dogs hul ongelooflike vermoëns ten toon stel terwyl hulle hul weg na ’n verhoog naby jou klop, tik en dans. 

Aanskou Australië se suksesvolste teater-uitvoerproduk vir ’n beperkte speelvak wat op 22 Augustus in die Grand Arena, GrandWest, in Kaapstad begin – die kaartjies kos R215 tot R360. 

Daarna volg ’n Johannesburgse skof van die vertoning wat op 29 Augustus in Montecasino begin – kry jou kaartjies vir R310 tot R410. 

Die bekroonde vertoning is deur die Los Angeles Times as “skouspelagtig! triomfantelik! ’n wonderlike prestasie!” beskryf en het ses talentvolle dansers en twee musikante wat die storie lewe gee.

Met energieryke dans en teatrale vertonings, wat in water en selfs onderstebo plaasvind, kan jy na ’n belewenis uitsien. 

Wen kaartjies

Skryf nou in vir ’n kans om een van 26 dubbelkaartjies te wen om die betowering te aanskou. 

Ons gee 13 stelle kaartjies vir die Kaapse vertoning weg en 13 stelle vir die Johannesburgse vertoning. 

Kompetisiereëls, bepalings en voorwaardes: 

Die kompetisie duur van 3 Augustus tot 16 Augustus 2018 om middernag.

Personeellede en hul gesinne van Media24 en die prysborg mag nie inskryf nie.

Jy moet die regte antwoord op die vraag verstrek vir ’n kans om te wen.

Die wenners sal in ’n lukrake trekking gekies word.

Die wenners sal telefonies en per e-pos in kennis gestel word.

As ’n wenner nie binne drie oproepe of e-posse tydens kantoorure bereik kan word nie, sal ’n nuwe wenner gekies word.

Media24 en die prysborg aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige skade wat uit inskryf vir of deelname aan die kompetisie spruit nie.

Dit is die wenner se verantwoordelikheid om die kaartjies op die aangewese tyd en plek af te haal.

Media24 en die borg aanvaar geen verantwoordelikheid vir die verlies van die prys as die wenner nalaat om dit af te haal nie.

Deur vir die kompetisie in te skryf stem jy in om af en toe promosiemateriaal van Media24 te ontvang.

Deur vir die kompetisie in te skryf stem die deelnemer tot die bepalings en voorwaardes in.