Disney on Ice is terug met Dream Big, ’n onvergeetlike avontuur vol betowering en Disney-sprokies.

Bederf die kleingoed met ’n vertoning waarin al die gewilde karakters in lewende lywe te sien sal wees: van Tinker Bell, Jasmine, Ariel en Cinderella tot Anna, Elsa en Olaf van Frozen.

Wen jou kaartjies hier 

Skryf in vir ’n kans om al die betowering te ervaar. Jy en jou gesin kan vier kaartjies (twee volwassenes en twee kinders) na Disney on Ice wen, en ’n kans vir jou kinders om deel te wees van die vertoning.

Die kinders word op ’n opwindende rit tydens die Little Mermaid-toneel van Under the Sea geneem. Dis ’n ervaring wat deelnemers (van 4 tot 10 jaar) tydens die vertoning ’n nabye ervaring met die karakters gee.

Twee Disney-DVD’s is ook by die prys ingesluit; dus kan jy die klassieke flieks huis toe neem.

Kaartjiebesonderhede:

Johannesburg, Ticketpro Dome: Saterdag 30 Junie om 14:00 
Durban se ICC: Saterdag 7 Julie om 14:00 
Kaapstad, GrandWest: Sondag 15 Julie om 10:00   

Die waarde van die kaartjies wat gewen kan word na die vertonings in Kaapstad en Durban is R1 820 en die Johannesburg-kaartjies is R1 920.

Die DVD’s se waarde is R200 en die bootrit is van onskatbare waarde, want wie kan dan nou ’n prys plaas op ’n onvergeetlike ervaring om deel van die vertoning te wees?

Neem so deel:

Vraag: Watter frase herhaal Elsa wanneer sy haar magte probeer beheer in die Disney-fliek Frozen? 

a.      “I’m alone and free.”
b.      “Control the curse . . . to make it reverse.”
c.       “Conceal it . . . don’t feel it . . . don’t let it show.”

SMS "Frozen", met jou antwoord - a,b of c, jou volle naam, streek en e-posadres na 35407.

Skryf soveel keer in as wat jy wil tussen 5 en 25 Junie 2018. Moet dit nie misloop nie.

Kompetisiereëls, bepalings en voorwaardes: Die kompetisie duur van 5 tot 25 Junie 2018 om middernag. Kaartjies en die bootritprys is net geldig vir die gespesifiseerde datum en vertoning en mag nie opgegradeer of vir kontant of ’n alternatiewe vertoning verruil word nie. Die prys bestaan uit vier kaartjies per wenner (twee volwassenes en twee kinders OF een volwassene ouer as 18 jaar en drie kinders). Let asseblief daarop dat elkeen, ongeag die ouderdom, weens veiligheidsvoorskrifte ’n kaartjie moet hê. Kaartjies sal beskikbaar wees vir afhaal by BOX OFFICE/COMPUTICKET by die lokaal van een uur voor die vertoningstyd op die datum van die vertoning. Besonderhede van die kaartjies sal per e-pos aan die pryswenner gestuur word. Die bootrit is net geldig vir TWEE kinders tussen 4 en 10 jaar op die datum en tyd wat vir die kompetisie aangedui word. Die ouers of voog van die kinders wat aan die rit deelneem, moet ’n vrywaringsvorm teken wat minstens 30 minute voor die aanvang van die vertoning afgehaal moet word. As die vorm nie onderteken is nie, kan die kinders nie op die rit geneem word nie. Bootrit-deelnemers moet minstens 15 minute voor die vertoning in hul sitplek wees sodat hulle meer kan uitvind oor die prosedure en om te bevestig dat hulle gaan deelneem. Diegene wat nie opdaag nie of wat later as die aangeduide tyd opdaag, kan deelname misloop en sal nie vergoeding in die plek daarvan ontvang nie. Deelnemers aan die rit mag nie foto’s of video’s neem nie. Kos en drankies word nie tydens die rit toegelaat nie. Pryswenners is verantwoordelik vir hul eie vervoer. Personeel en hul familie van Media24 en die borg mag nie deelneem nie. Jy moet die regte sleutelwoord stuur vir ’n kans om te wen. Wenners word deur ’n lukrake trekking gekies. Wenners sal telefonies en deur e-pos in kennis gestel word. Indien ’n wenner nie binne drie oproepe of e-posse in besigheidsure bereik kan word nie, sal ’n nuwe wenner gekies word. Media24 en die borg dra geen verantwoordelikheid vir enige skade wat spruit uit deelname aan die kompetisie nie. Deur in te skryf vir die kompetisie, stem u in om af en toe reklamemateriaal van Media24 te ontvang. Deur in te skryf vir die kompetisie, stem die deelnemer in tot die bepalings en voorwaardes.