Sien is glo! Gaan kyk hoe die wêreldbekende kulkunstenaar Dynamo dié Mei in Kaapstad en Pretoria optree. 

Die ster van die treffervertoning Magician Impossible het al op water geloop (oor die Teemsrivier), teen die buitekant van die Los Angeles Times-gebou afgestap en die uitslag van ’n wêrelbekertoernooi voorspel.

Nou is hy op pad na Suid-Afrika om vir ons ’n smakie van sy “towerkuns” te gee nadat hy sy vertoning na 10 lande geneem het.

Met ’n beperkte vier vertonings in Pretoria en drie in Kaapstad is dit ’n vertoning wat ’n mens nie wil misloop nie. 

Meer oor Dynamo

Steven Frayne (Dynamo) is ’n televisiester, internasionale handelsmerkambassadeur, skrywer en verhoogkunstenaar.

Hy het al ’n episode vir sy treffertelevisieprogram Magician Impossible in Suid-Afrika verfilm, maar is nou op die verhoog te sien.

Hy het die wêreld van kulkuns oortref en ’n popkultuur-ikoon geword. Hy is gelief by mense soos Will Smith, wat sy vertoning as “absoluut verstommend” beskryf het, en Brad Pitt, wat ’n verrassingsbesoek gemaak het om sy verhoogvertoning te sien.

Cristiano Ronaldo en Jay-Z het hom ook albei gehuur om by privaat geleenthede op te tree en mense oor die wêreld heen stroom na sy vertonings om sy illusies te aanskou. 

Die toer begin op 11 Mei in die nuwe Sun Arena by Time Square, Menlyn Maine, Pretoria, gevolg deur drie vertonings in Kaapstad op Vrydag, 18 Mei, in die Grand Arena, GrandWest.“Almal het betowering in hul lewe nodig,” sê Dynamo.

Die kaartjies kos van R379 tot R682 en is by Computicket te koop.

Kry ’n voorsmakie van die betowering:

Sien is glo; moet dit nie misloop nie.

Wen kaartjies hier

Skryf nou in vir ’n kans om een van vier stelle dubbelkaartjies na die vertoning in Pretoria of Kaapstad te wen en Dynamo te ontmoet.

Sê bloot vir ons in watter stad jy bly.

Skryf so in: SMS jou antwoord, naam, van en e-posadres na 35407.  

Kompetisiereëls, bepalings en voorwaardes:

Die kompetisie duur van 26 April 2018 tot 8 Mei 2018 om middernag. 
Personeel en hul gesinne van Media24 en die prysborg mag nie inskryf nie. 
Jy moet die korrekte antwoord op die vraag stuur vir ’n kans om te wen.
Die wenners sal in ’n lukrake trekking gekies en telefonies en per e-pos in kennis gestel word. 
As ’n wenner nie binne drie oproepe of e-posse in kantoortyd bereik kan word nie, sal ’n nuwe wenner gekies word.
Media24 en die prysborg aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige skade wat uit die inskryf of deelname aan die kompetisie spruit nie. 
Die Kaapstadse wenners se kaartjies sal van 19:00 op die dag van die konsert by die LOKET/COMPUTICKET vir afhaal beskikbaar wees. 
Die Pretoria-wenners se kaartjies sal van 19:00 op die datum van die vertoning by SUN TICKETS op die boonste vlak van die casino vir afhaal beskikbaar wees. 
Die kaartjies is net geldig vir die datum van die vertoning soos gestipuleer en mag nie opgegradeer, vir kontant geruil of vir ’n ander vertoning