Aandag alle musiekliefhebbers! Maak gereed vir ’n onvergeetlike dag met vertonings deur van die beste plaaslike talent en ’n gehoor wat oorloop van liefde! 

Konsert hou en kuier gaan hand aan hand, en om hande vas te hou dui mos op liefde! Vanjaar vind die gewilde Liefde By Die Dam plaas op Sondag, 5 Augustus, van 10:00 tot 18:00, weereens by Emmarentiadam, een van Suid-Afrika se mooiste konserttuine.

Geniet die heerlikste musiek vir jonk en oud; ’n musiekbelewenis met vertonings deur bekendes soos Die Heuwels Fantasties, Karlien van Jaarsveld, Francois van Coke, Elvis Blue, Bouwer Bosch, die komediant Schalk Bezuidenhout en die legendariese Koos Kombuis, asook die nuwe gesig van “Afro Folk”, Bongeziwe Mabandla.

Wees deel van ’n heerlike, gesellige musiekdag by die dam en bring ’n piekniekmandjie saam. Daar sal ook verskeie kosstalletjies wees. 

Dis 'n fees wat die hele gesin kan geniet!

Volg Liefde By Die Dam op Facebook en Instagram vir gereelde nuusflitse en besoek liefdebydiedam.co.za vir meer inligting.

Wen kaartjies

Wees een van 20 gelukkige lesers wat dubbelkaartjies na Liefde By Die Dam kan wen!

Beantwoord slegs die vraag: