Die Heuwels Fantasties het ’n splinternuwe enkelsnit – en dus jou kans om dit by Liefde by die Dam in Durbanville te sien en hoor.

Die band se nuwe enkelsnit, “Jy Stel my Teleur”, is veral iets om na uit te sien!Wat hierdie liedjie anders maak as al die ander musiek wat Die Heuwels voorheen uitgereik het, is dat die rockers Hunter Kennedy en Fred den Hartog elk van die verse sing, en Pierre Greeff die koorgedeeltes in “Jy Stel my Teleur” sing.

Dit is die eerste liedjie wat deel is van ’n vollengte album wat eersdaags uitgereik word. Die album is by Sunset Recording Studios in Stellenbosch opgeneem. Jürgen von Wechmar was die klankingenieur en het ook “Jy Stel my Teleur” vermeng. Pierre Greeff sê: “Dit was heerlik om ons nuwe musiek te gaan opneem tussen die berge. Sunset is by verre ons favourite studio in die wêreld en Jürgen is die beste!

Die Heuwels Fantasties het Johannesburg omtrent aan die brand gesing, loer gerus hieronder na die nuwe musiek video van hul enkelsnit:


Moenie vergeet om jou kaartjies vir die Kaapse Liefde By Die Dam-konsert te kry nie – al jou gunstelinge gaan daar wees.

Gewilde plaaslike kunstenaars Early B, Arno Carstens, Snotkop, Majozi, Loki Rothman, Karlien van Jaarsveld, Lukraaketaar, Tasché, Spoegwolf en Francois van Coke tree ook saam met Die Heuwels op. Schalk Bezuidenhout is die MC.

Dis ’n Jacaranda FM More Music You Love-ervaring wat jy nie moet misloop nie! 

Wanneer: Saterdag 16 November 2019

Waar: Meerendal-wynlandgoed – Vissershokpad, Meerendal-wynlandgoed, Durbanville, Wes-Kaap, 7550

Hoeveel: Kaartjies is nou teen R195 by Howler beskikbaar. Kinders tussen drie en 12 jaar betaal R75 (gratis vir kinders jonger as 3).

Wen kaartjies hier 

Moet nie die fees misloop nie.

Wen een van tien dubbelkaartjies vir algemene toegangs by Liefde By Die Dam! 

Beantwoord slegs die vraag: Wat is die naam van Die Heuwels Fantasties’ nuwe enkelsnit?

SMS jou antwoord, gevolg deur jou naam, kontaknommer, e-pos adres en stad na 35407*.

Volg Die Heuwels Fantasties en Liefde By Die Dam vir nog inligting. 

Kompetisiereëls, bepalings en voorwaardes:

Die kompetisie duur van 03 Oktober 2019 tot 31 Oktober 2019 om middernag. Elke SMS kos R1,50*. Wenners sal lukraak gekies word. Die trekking van wenners is finaal. Vervoer is nie ingesluit nie. Die wenners sal telefonies in kennis gestel word. Ons sal ’n wenner tot drie keer tydens werkure kontak. Indien ons die wenner nie binne drie probeerslae kan bereik nie, sal ’n nuwe wenner getrek word. Personeellede en hul gesin van Media24 en die kompetisieborg mag nie deelneem nie. Media24 en die borge aanvaar geen verantwoordelikheid vir skade wat uit deelname aan die kompetisie spruit nie. Pryse is nie oordraagbaar nie en kan nie vir kontant of ’n ander prys geruil word nie. Deur in te skryf vir hierdie kompetisie, gee jy toestemming dat Media24 jou van tyd tot tyd mag kontak met promosies. Deur in te skryf vir hierdie kompetisie, stem jy in om die bepalings en voorwaardes na te kom.