Tant Sannie Se Melktert is ’n nuwe, heerlike likeur wat jou terugvoer na hoe melktert moet smaak – hoe tant Sannie van die Karoo dit maak.

Verbeel jou net: ’n soet, krakerige kors met ’n sagte binnekant gemaak van Bella die koei se melk, kondensmelk, kaneel en ’n knertsie uit oom Dawie se heupflessie. 

Die legende is in die Karoo gebore, maar alle Suid-Afrikaanse huishoudings lê daaraan weg. En nou kan jy danksy Tant Sannie Se Melktert vir jou gaste poeding in ’n glas voorsit. Al wat jy nodig het, is ’n glas, ’n bietjie ys en kaneel. Giet Tant Sannie Se Melktert oor die ys, sprinkel ’n bietjie kaneel oor en siedaar! Jy het ’n nagereg uit die boonste rakke. 

Hier is nog drie maniere waarop jy dit kan geniet: 

  1. Gooi ’n skeut Tant Sannie Se Melktert oor vanieljeroomys. 
  2. Vervang die brandewyn in brandewyntert met Tant Sannie Se Melktert – en noem dit sommer Tant Sannie Se Melktert-tert! 
  3. Geniet jou koppie boeretroos ná ete met ’n skeut (of twee) Tant Sannie Se Melktert;  dis nou “polisiekoffie” soos jy dit nog nie gehad het nie!

Wen 

Tant Sannie Se Melktert is op soek na die smaaklikste resep wat haar poeding in ’n glas gebruik. Het jy dalk ’n goeie idee vir ’n gereg wat jy met dié heerlike drankie kan berei?

Kliek hier om jou resep in te skryf en om die kompetisiereëls, bepalings en voorwaardes te sien. Jy wen dalk ’n ongelooflike SMEG-toestel.

  • Eerste prys: ’n SMEG-retromenger.
  • Tweede prys: ’n SMEG-rooster en -ketel 
  • Derde prys: ’n SMEG-ketel. 

Die kompetisie sluit op 14 Januarie 2018 om middernag.