Soek jy ’n veilige, ekonomiese manier om waardevolle items te berg?

'n Gelukkige leser kan ’n oorspronklike Trendy Wendy-houthuisie van R6 000 wen. Skep ruimte en hou jou gereedskap en ander besittings skoon en droog met hierdie pragtige houtstruktuur.  

Trendy Wendy vervaardig reeds meer as 20 jaar lank gehalte-wendyhuise vir die kommersiële en residensiële mark in Suid-Afrika as ’n alternatief tot stygende behuisingskoste.

Puik, praktiese oplossings vir die uitbreiding van jou leef-, speel-, werk- en stoorbehoeftes.

Daar word in verskeie areas landswyd afgelewer. Besoek Wooden Wendy Houses se webtuiste en kyk of dit in jou area afgelewer word.

Besoek ons Facebookblad of skakel 058-303-0184 of 073-830-4208 vir nog inligting. 

Skryf so in:

Om ’n Trendy Wendy-meesterstuk te wen is maklik! Verskaf net die naam van enige afleweringsarea en SMS jou antwoord, naam, kontaknommer, adres en streek na 35407. Die prys sluit 'n wendyhuis van 2 m x 3,2 m met 'n stoep in, asook aflewering en oprigting slegs in areas soos uiteengesit op ons webblad. Hierdie huisie word op bakstene opgerig.

Kompetisiereëls, bepalings en voorwaardes:

Die kompetisie duur van 8 tot 23 Mei 2018 om middernag. 
Die wenner sal lukraak gekies word. 
Die trekking van die wenner is finaal. .
Die wenner sal telefonies in kennis gestel word. 
Ons sal ’n wenner tot drie keer tydens werkure bel. 
As ons die wenner nie binne drie probeerslae kan bereik nie, sal ’n nuwe wenner getrek word. 
Personeellede en hul gesinne van Media24 en die kompetisieborg mag nie deelneem nie. 
Media24 en die borge aanvaar geen verantwoordelikheid vir skade wat uit deelname aan die kompetisie spruit nie. 
Pryse is nie oordraagbaar nie en kan nie vir kontant of ’n ander prys geruil word nie. 
Deur in te skryf vir hierdie kompetisie, gee jy toestemming dat Media24 jou af en toe mag kontak met promosies. 
Deur in te skryf vir hierdie kompetisie, stem jy in om die bepalings en voorwaardes na te kom.