Maak dinge warm in die kombuis en raak aan die kook met die LG NeoChef- mikrogolfoond.

Dit het die nuwe slim tegnologie wat sorg jou kos verhit, kook of ontvries egalig – en op die vinnigste manier moontlik. Sê tot siens aan die gehate koue middel wanneer jy kos warm maak. 

Die LG NeoChef-mikrogolf is ’n alles-in-een-eenheid wat revolusionêre kookvermoëns bied.  

Dit spaar jou tyd, elektrisiteit en energie, en haal die raaiwerk uit mikrogolf met presiese kragverspreiding. Dit bied verskeie kragvlakke en kookopsies vir alles van vars groente tot jou pizza perfek verhit en jou vleis ontvries. 

Al wat jy moet doen, is om die regte kenmerke te kies om jou kos moeiteloos gaar te maak, verhit of ontvries. 

Skryf so in

Is jy reg om die ultrasjiek toestel by jou kombuisware te voeg?

’n Gelukkige leser het die kans om ’n LG NeoChef-mikrogolf oond van R4 999 te wen.

Beantwoord net die volgende vraag: Wat is die naam van LG se nuwe mikrogolf met slim omkeerdertegnologie? 

SMS jou antwoord, naam, van, kontakbesonderhede en volledige adres na 35407.

Kompetisiereëls, bepalings en voorwaardes: Die kompetisie duur van 2 Augustus 2018 tot 16 Augustus 2018 om middernag. Jy kan soveel keer inskryf as wat jy wil. Elke SMS kos R1,50. Jy moet die eienaar wees van die selfoon wat jy gebruik om vir die kompetisie in te skryf of die eienaar se toestemming hê. Personeellede en hul gesinne van Media24 en die prysborg mag nie inskryf nie. Jy moet die regte antwoord op die vraag verstrek vir ’n kans om te wen. Die wenner sal in ’n lukrake trekking gekies en telefonies in kennis gestel word. As ’n wenner nie binne drie oproepe tydens kantoorure bereik kan word nie, sal ’n nuwe wenner gekies word. Media24 en die prysborg aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige skade wat uit inskryf of deelname aan die kompetisie spruit nie. Die prys is nie oordraagbaar nie en kan nie vir ’n ander prys of kontant geruil word nie. Die prysborg is verantwoordelik vir die aflewering van die prys binne ’n redelike tyd (4-6 weke). Dit is die wenner se verantwoordelikheid om ’n dagadres vir aflewering of ’n posadres te verstrek en teenwoordig te wees om die prys te ontvang en/of die prys betyds by ’n poskantoor af te haal. Media24 en die borg aanvaar geen verantwoordelikheid vir die verlies van die prys as die wenner nie teenwoordig is om dit te ontvang nie of nalaat om dit by ’n poskantoor af te haal. Deur vir die kompetisie in te skryf, stem jy in om af en toe promosiemateriaal van Media24 te ontvang.