Span die seile en bespreek jou plek op die Super Sokkie-vaart saam met topsterre soos Kurt Darren, Snotkop, Nádine, Die Campbells, Refentse en die spesiale gaskunstenaar, Ray Dylan.

Vertrek vanaf Durban na die Portugese Eiland op die luukse MSC Sinfonia-plesierskip van 9 tot 12 Maart 2018. Geniet vier dae en drie nagte op die grootste dansbaan saam met jou gunsteling-sokkiesterre.

Bespreek nou vir jou plek op dek

Hoe vinniger jy bespreek, hoe beter die prys. Moet dit nie misloop nie! Bespreek nou jou plek vir die Super Sokkie-partytjie met al die ekstra aktiwiteite. Vra vir die Super Sokkie-vaart-opsie wanneer jy bespreek Gaan na www.msccruises.co.za  of bel 0860-114-411 vir nog inligting en besprekings.

Jy kan dalk wen!

Wen ’n plek op die luukse skeepsreis vir jou en jou metgesel, PLUS geniet BBP-behandeling en ’n geskenkpak. Jy sal ook BBP-toegang tot die Super Sokkie-vertoning kry.

SMS jou antwoord, naam ,van, E-pos en kontaknommer na 35407.

Beantwoord die volgende vraag:

Wie is die spesiale gaskunstenaar op die luukse MSC Sinfonia-vaart.

KOMPETISIEREËLS:

Die stemlyn open op 23 Januarie 2018 om 06:00 en sluit op 15 Februarie 2018 om 12:00.

Wenners sal lukraak gekies word. Belangrik: Die wenner moet self tot in Durban kom.

Die prys sluit net 1 x dubbelkajuit vir twee wat deel in. Ekstra verversings en vermaak is nie ingesluit nie.

Ekstra verversings en vermaak is nie ingesluit nie. Wenners moet ’n geldige paspoort hê.

Jy moet 18 jaar of ouer wees om in aanmerking te kom vir die vakansiepryse. Pryse is nie oordraagbaar nie en kan nie vir kontant geruil word nie.

Die keuse van wenners is finaal. Die wenner sal in kennis gestel word. Personeellede van Media24, Grapevine Interactive en die borge en hul gesinne mag nie deelneem nie.

Jy moet ’n geregistreerde selfoongebruiker wees om aan die kompetisie deel te neem; so nie moet jy toestemming van die eienaar kry.

Elke SMS kos R1,50. Media24 en die borge aanvaar geen verantwoordelikheid vir skade wat uit deelname aan die kompetisie kan spruit nie.

Die borge is verantwoordelik vir die verskaffing van die pryse aan die wenners binne ’n redelike tyd.