As deel van die reënboognasie hou Island Tribe daarvan om Suid-Afrika se diversiteit te vier deur ’n groot verskeidenheid van sonprodukte beskikbaar te stel.

Daar is iets vir almal, van kinders en volwassenes tot strandvrate en voltydse avontuurlustiges. Want as daar een ding is wat ons almal nodig het, is dit beskerming teen die fel Afrikason.

Die geskenkpak wat ter sprake is, het alles wat jy nodig het om strand-, swembad- en braaigereed te wees: ’n swemhanddoek, ’n toetrek-sak, Island Tribe Clear Gel Tube (100 ml), Island Tribe Light Lotion Trigger Spray (300 ml), Island Tribe Invisible Continuous Spray (125 ml) en Island Tribe Kids (SPF50) Invisible Continuous Spray (320 ml). 

Om in te skryf: Vul die vorm hieronder in en sê vir ons wat jou gunsteling- Island Tribe-produk is.

Onthou om die woorde Island Tribe in jou antwoord te gebruik.