Maar nou het jy die kans om ’n heerlike en superluukse wegbreeknaweek in die Magaliesberge ter waarde van R5 930 te wen met Huisgenoot en die Askari Game Lodge & Spa.

Verbeel jou net: ’n idilliese naweek weg vir twee mense, aandete, bed en ontbyt ingesluit.

In die hartjie van die natuur.
In die hartjie van die natuur.
Ontspan op die ruim dek.
Ontspan op die ruim dek.

En dit is nie al nie: Daar is selfs ’n wildrit en spabehandeling wat op dié tweetjies wag.

Word heerlik gepamperlang in die spa.
Word heerlik gepamperlang in die spa.
Word heerlik gepamperlang in die spa.
Word heerlik gepamperlang in die spa.
Geniet 'n heerlike wildrit.
Geniet 'n heerlike wildrit.

Al wat jy moet doen, is om gedurende November al vier die Huisgenote te koop en ’n foto van jou en jou vier Huisgenote te neem.

Om in te skryf vir die Huisgenoot-blaaskanskompetisie is so maklik soos om uit ’n boom te val.

MAAK SO, IN 3 MAKLIKE STAPPE

Stap 1 

Koop al vier Huisgenote in November (7, 14, 21 en 28 November se uitgawes).

Stap 2

Neem een foto van jouself en jou vier Huisgenote bymekaar.

Stap 3

Stuur e-pos na hydcompetitions@media24.com, wat jy in die onderwerpveld merk met die woorde “My Huisgenoot-blaaskans”.

Sluit jou naam en van, adres en kontaknommer deur die dag, en die foto by die e-pos in.

Let wel

Speeltyd by die swembad.
Speeltyd by die swembad.

Die prys sluit nie vervoer in nie, so as jy wil inskryf, moet jy net onthou dat jy op eie onkoste daar gaan moet uitkom en dat middagetes nie ingesluit is nie.

Om jou nog ’n bietjie lus te maak vir die naweek, gaan loer na @AskariLodge, @guvonhotels en @ZemveloAdventures  op Facebook of besoek Guvonhotels.co.za vir meer inligting.

KOMPETISIEREËLS, BEPALINGS EN VOORWAARDES

  • Die kompetisie is oop van 31 Oktober tot 5 Desember.
  • Jy mag soveel keer inskryf as wat jy wil.
  • Die prys is geldig vir 12 maande ná die trekkingsdatum en hierdie tydperk kan nie uitgeskuif word nie.
  • Die prys sluit langnaweke, openbare vakansiedae, piekvakansies en spesiale geleenthede by die lodge uit.
  • Die prys het nie ’n kontantwaarde nie en kan nie in kontant oorhandig word nie en dit mag ook nie verkoop word aan iemand nie.
  • Die prys is slegs vir die gestipuleerde venue en kan nie by een van die ander Guvon & Spas-eiendomme gebruik word nie.
  • Guvon Hotels & Spas behou die reg om enige geskenkbewys te onttrek of te kanselleer indien dit volgens hulle onderworpe is aan misbruik van enige aard.
  • Net een geskenkbewys kan per besoek gebruik word. 
  • Alle etes, drankies en ekstra onkostes is per krediet- en/of debietkaart aan die einde van die besoek verhaal word.
  • Personeel van Media24 en die borg Guvon Hotels & Spas, sowel as hul gesinne, mag nie inskryf nie.
  • Jy moet die foto van jou en die vier Huisgenote aanheg en korrekte besonderhede insluit by die e-pos om in aanmerking te kom vir die prys.
  • Wenners sal gekies word deur ’n lukrake trekking.
  • Wenners sal telefonies in kennis gestel word.
  • Ons sal ’n wenner drie keer tydens kantoorure bel.
  • As hy of sy nie bereik kan word met een van dié drie oproepe nie, sal ’n nuwe wenner getrek word.
  • Media24 en die borg aanvaar geen verantwoordelikheid vir skade wat spruit uit deelname aan die kompetisie nie.
  • Pryse is nie oordraagbaar nie en mag nie verruil word vir kontant of ’n ander prys nie.
  • Die borg is verantwoordelik vir die verskaffing van die pryse binne ’n redelike tyd (4–6 weke).
  • Met jou inskrywing aanvaar ons dat jy Media24 toestemming gee om jou soms te nader met promosies en ander bemarking.