Soos altyd sal daar iets wees vir almal, van die jongste teaterproduksies en uiteenlopende musiek tot jeug- en kindervermaak. Bring jou partytjiegees en geniet dit saam met jou gesin. 

Feesgangers kan onder meer uitsien na die debuut van 11 musiekproduksies, met ’n groot verskeidenheid musiekstyle deur sowel ou bekendes as nuwe kunstenaars. 

Die Kuierbuurt, met vermaak vir oud en jonk, kan van Donderdag 29 Maart tot Woensdag 4 April besoek word by die Oudtshoorn-  en Vredestraat-sportterrein. 

“ ’n Kenmerk van die 24ste Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) is dat dit ’n gesinsfees is,” sê Hugo Theart, waarnemende uitvoerende hoof van Kunste Onbeperk.

“Die Huisgenoot-verhoog se ses aandvertonings word in die vorm van piekniekkonserte aangebied.

Ons moedig almal aan om ’n stoel of kombers te bring, die kosstalletjies en kroeë te ondersteun en musiek deur van ons land se topkunstenaars te geniet.” 

Dis beslis ’n fees wat nie misgeloop mag word nie!

Wat jy kan wen 

Wil jy deel in die pret en vermaak? Gelukkige lesers kan kaartjies wen!

Eerste prys: R1 500 se feeskaartjies 
Tweede prys:  R1 000 se feeskaartjies
Derde prys: R500 se feeskaartjies

Skryf so in

Om te wen is maklik! 

SMS “KKNK”, jou naam, van, streek en e-posadres na 35407 (R1,50 per SMS).

Kompetisiereëls, bepalings en voorwaardes:

Jy moet 18 jaar of ouer wees om in aanmerking vir die prys te kom.

Kompetisie sluit 18 Maart 2018 om middernag.

Jy kan soveel keer inskryf as wat jy wil.

Wenners sal lukraak gekies word.

Die trekking van wenners is finaal.

Die wenners sal telefonies in kennis gestel word.

Ons sal ’n wenner tot drie keer tydens werkure kontak.

Indien ons die wenner nie binne drie probeerslae kan bereik nie, sal ’n nuwe wenner getrek word.

Hierdie kompetisie sluit nie verblyf en vervoer na Oudtshoorn in nie.

Kaartjies vir vertonings onderhewig aan beskikbaarheid.

Personeellede van Media24 en die kompetisieborg en hul gesinne mag nie deelneem nie.

Media24 en die borge aanvaar geen verantwoordelikheid vir skade wat uit deelname aan die kompetisie spruit nie.

Pryse is nie oordraagbaar nie en kan nie vir kontant of ’n ander prys geruil word nie.

Die prys kan ook nie aangepas word om meer as die wenner en sy/haar metgesel te akkommodeer nie.

Media24 en die borg neem geen verantwoordelikheid vir ’n prys wat verbeur word as gevolg van ’n wenner wat nie opdaag.

Deur in te skryf vir hierdie kompetisie, gee jy toestemming dat Media24 jou van tyd tot tyd mag kontak met promosies.

Deur in te skryf vir hierdie kompetisie, stem jy in om die bepalings en voorwaardes na te kom.