In die kosprogram Hartskos maak Elmarie Claassens kos op ’n spesiale manier, want al haar geregte het ’n bood­skap.

Elmarie, ’n kliniese sielkundige, het kleintyd haar ma in die kombuis fyn dopgehou en so ’n liefde vir kos maak ontwikkel.

Haar verhouding met wyle Braam Kruger, die kunstenaar wat ook as sjef en kosskrywer bekend was, het haar van kosdekadensie geleer waar jy met lekkerte oorboord kan gaan.

Voorspoed

Lamstjops Wellington

Foto: Misha Jordaan.

Jammer

Borsjt met chorizo

Foto: Misha Jordaan.

Veels geluk

Feestelike hoender-en-groenteslaai

Foto: Misha Jordaan.

Lief vir jou

Garnaal-ravioli met romerige sous

Foto: Misha Jordaan.

Hartskos se agtste seisoen word Donderdae om 17:30 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai, met her­uitsendings op Sondae om 16:00.