Suiker bevat hope kilojoules, maar byna geen voedingstowwe nie. En dit kan aanleiding gee tot allerhande siektes.

Ons verminder die suiker in vandeesweek se resepte en gebruik liewer vrugte en goeie versoeters.

1. Kaaskoektert met bessies

Foto: Misha Jordaan.

2. Spoggerige sjokolade-peerkoek met malvalekker-versiersel

Foto: Misha Jordaan.

3. Appel-en-peer-hawermout-muffins

Foto: Misha Jordaan.

4. Gemmerbrood

Foto: Misha Jordaan.
Gee so soetigheid

Kom met minder suiker klaar deur merendeels vrugte as soetmakers in te span.

As die vrugte nie genoeg soetigheid kon verleen nie, kan jy suikerplaasvervangers, soos xilitol en stevia, in kombinasie met ’n bietjie gewone suiker of rou heuning gebruik.

Dit is bloot omdat xilitol duur is en stevia ’n effense nasmaak het, maar ge­samentlik het dit goed gewerk in hierdie resepte.

Ons doelwit is dus nie om die suiker heeltemal uit te skakel nie; net heelwat minder te maak en matigheid voor oë te hou.