1. Chermoula-skaapribbetjies met seesout en suurlemoen

Chermoula-skaapribbetjies met seesout en suurlemoe
Chermoula-skaapribbetjies met seesout en suurlemoen. Foto: Jacques Stander

2. Griekse skaaptjops

Griekse skaaptjops. Foto: Jacques Stander
Griekse skaaptjops. Foto: Jacques Stander

3. Harissa-varkboudkebabs

Harissa-varkboudkebabs. Foto: Jacques Stander
Harissa-varkboudkebabs. Foto: Jacques Stander

4. Varkrib met klewerige braaisous

Varkrib met klewerige braaisous. Jacques Stander
Varkrib met klewerige braaisous. Jacques Stander

5. Varktjops in bier gemarineer

Varktjops in bier gemarineer. Foto: Jacques Stande
Varktjops in bier gemarineer. Foto: Jacques Stander

6. Tandoori-hoenderboudjies

Tandoori-hoenderboudjies. Foto: Jacques Stander
Tandoori-hoenderboudjies. Foto: Jacques Stander

7. Steak fajita

Steak fajita. Foto: Jacques Stander
Steak fajita. Foto: Jacques Stander

8. Hoenderkebabs met grondboontjiesous

Hoenderkebabs met grondboontjiesous. Foto: Jacques
Hoenderkebabs met grondboontjiesous. Foto: Jacques Stander

So braai ons

'n Houtvuur gee braai-vleis daardie onmiskenbare geur; daarom meen die meeste bobaasbraaiers dis die beste manier om te braai.

Dis wel effens moeiliker om te beheer, maar dis dikwels warmer as ’n vuur wat met brikette gepak is. 

Omdat 'n houtvuur eers ’n ruk moet brand en kole maak voor jy kan braai, is die voorbereidingstyd langer as dié van ’n briketvuur. 

Daar’s ook die gevaar dat dit te vinnig uitbrand as jy nie die regte hout gebruik nie – in hierdie geval kan brikette wel gebruik word om die kole van ’n houtvuur aan te help.

Ons gee jou ’n paar wenke vir die perfekte braaivuur. Die voorbereiding duur sowat ’n uur na gelang van die soort hout wat jy gebruik.

1. Pak die vuur
Pak die hout op 'n hopie, steek dit aan die brand en wag tot kole vorm. Maak 'n ekstra vuurtjie langsaan sodat jy die kole kan aanvul indien dit nodig raak.

2. Kry die kole reg
Die kole is gereed wanneer daar nie meer vlamme is nie en 'n goeie hoop kole gevorm het. Versprei die kole onder die plek waar die rooster gaan wees.

3. Beheer die hitte
Voeg vars kole van die ekstra vuurtjie by namate die kole hitte begin verloor. As jy die hitte moet verminder, kan jy die rooster eers hoër stel en dan later weer laat sak, indien nodig.

Kom neem deel aan die gesprek
 Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.