Maak ’n vuur met genoeg kole vir braai, sit ’n staander in die kole en hou ’n toeknyprooster byderhand. Voorverhit die oond tot 180 °C en bespuit ’n middelslagbroodpan of blikbord met kossproei.

Tjops

  • Pak die tjops in ’n marineerbak.
  • Sit die res van die bestanddele saam in ’n klein kastrol en verhit tot die suiker gesmelt is.
  • Laat afkoel en giet oor die tjops.
  • Maak seker die tjops is oral bedek.
  • Laat minstens ’n uur of oornag in die yskas marineer.

Bierbrood

  • Verhit die olie in ’n pan en braai die ui tot goudbruin.
  • Meng die meel, tiemie, sout, fyngekapte stingeluie en die helfte van die cheddar goed.
  • Giet die bier by en meng tot ’n beslag vorm.
  • Voeg die uie by en meng goed.
  • Skep die beslag in die bereide broodpan of blikbord.
  • Sprinkel die res van die kaas oor en pak die repe stingeluie bo-op.
  • Bak 40-45 min. of tot gaar en tot ’n toetspen skoon uit die middel van die brood kom.

Vir voorsit

  • Haal die tjops uit die marinade en pak op die rooster.
  • Braai 15-20 min. oor matige kole of tot die tjops gaar is soos verkies.
  • Smeer gereeld nog van die marinade oor as die tjops te vinnig droogbraai.
  • Geur met die sout.
  • Keer die brood uit en sny in skywe, smeer met die botter en sit voor saam met die tjops.