• Blatjang: Verhit die olie in ’n klein gietysterkastrol oor matige kole. Voeg die mosterdsaad by en verhit tot dit begin skiet. Voeg die ander bestanddele buiten die pieter­sielie by en bring tot kookpunt.
  • Skuif die kastrol na lou kole en laat prut tot die droëvrugte sag en klewerig is en die water verdamp het. Voeg die pietersielie by wanneer dit afgekoel het en hou eenkant.
  • Uie: Verhit die olie en botter in ’n gietysterpan oor matige kole en roerbraai die uie tot deur­skynend. Voeg die asyn en suiker by en laat prut tot die uie gekaramelliseer is.
  • Vir voorsit: Braai die wors oor matige kole tot gaar. Sny die rolletjies middeldeur en voeg die uie en wors by. Rond elkeen af met die blatjang.