• Jerk-sous: Voeg al die bestanddele in die bak van ’n voedselverwerker en verwerk tot glad en dik.
  • Pynappelsalsa: Meng al die bestanddele in ’n bak en hou eenkant.
  • Vir voorsit: Braai die wors oor matige kole tot gaar. Sny die rolletjies middeldeur en smeer met die jerk-sous. Voeg die wors by en skep die pynappelsalsa bo-op.