• Sauerkraut: Meng die kool en sout tot die sout egalig deur die kool versprei is. Bedek en hou ’n uur eenkant. Herhaal die proses 3 keer tot die kool genoeg vloeistof gevorm het. Voeg die lourierblare by en meng weer. Skep in ’n gesteri­liseerde fles en plaas vir 4-6 weke in die yskas tot dit goed gegis is.
  • Bier-uie: Smelt die botter in ’n gietyster-swaarboompan oor matige kole. Voeg die uie en karwysaad by en braai 5 min. of tot die uie begin versag. Verskuif na ’n koeler deel van die vuur en giet die bier en heuning in.
  • Laat prut tot die bier amper verdamp het en die uie donker en gekaramelliseer is. Geur met die sout en peper en hou eenkant.
  • Vir voorsit: Braai die wors 10 min. oor matige kole of tot gaar. Sny die rolletjies middeldeur, smeer ruimskoots met die mosterd en voeg die skywe agurkie en die gaar wors by. Rond die worsrolletjies af met die bier-uie en sit voor saam met die sauerkraut.