Voorverhit die oond tot 180 °C.

  • Aartappels: Plaas die blokkies op ’n bakplaat en bedruip met die olie. Geur met die sout en bak 20 min. of tot bros en goudbruin. Besprinkel met die paprika.
  • Tamatiesous: Verhit die olie in ’n kastrol en braai die ui tot deurskynend. Voeg die knoffel by en braai nog 2 min. Voeg die res van die bestanddele by en laat prut 10 min.
  • Vir voorsit: Braai die wors oor matige kole tot gaar. Sny die rolletjies middeldeur en voeg die wors by. Skep die aartappels en sous bo-op.