Maak genoeg kole vir braai.

  • Bring ’n groot kastrol ­water tot kookpunt. Sit die mielies in die water en laat 10 min kook. Dreineer en hou eenkant.
  • Biltongbotter: Rooster die koljandersaadjies in ’n droë pan tot geurig. Maal effens fyner met ’n stamper in ’n vysel. Meng die saadjies met die res van die bestanddele en hou eenkant.
  • Gremolatabotter: Meng alles goed en hou eenkant.
  • Brandrissiebotter: Meng alles goed en hou eenkant.
  • Vir afronding: Braai die mielies oor die kole tot daar skroeimerke oraloor die mielies is. Sit warm voor saam met die botters.

Gee mielies ’n heerlike rokerige geur deur dit effens oor die kole te skroei.

Smeer dan ruimskoots van dié gegeurde botters oor en jy het ’n wenner.