Maak ’n braaivuur met genoeg kole en plaas ’n rooster sowat 30 cm bo die kole.

  • Plaas die deeg in ’n groot mengbak en knie die kaas en mielies in die deeg in. Verdeel die deeg in ses gelyke bolle.
  • Druk die bolle platter met jou handpalm. Draai ’n paar repies spek om elke eier en sit ’n eier in die middel van elke stuk deeg. Knyp die deeg vas om die eiers en maak seker dit is goed geseël. 
  • Strooi ’n bietjie meel oor die roosterkoeke en pak op die rooster.
  • Braai die roosterkoeke tot goudbruin en gaar. Die koeke sal so 20 min. neem om heeltemal gaar te raak. Draai dit gereeld om om te verseker dit braai eweredig gaar.
  • Sny die roosterkoeke in die helfte. Sprinkel die pietersielie en sout oor, indien verkies, en sit voor saam met die tamatiesous.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe!